Anderste helde: Andries Stöckenstrom
--:--
Hermann Giliomee in gesprek met Albert Grundlingh Andries Stöckenstrom het die uittog wat as die Groot Trek bekend geword het, verdoem. Hy het die opvatting verwerp dat die burgers nie die reg het om hulself te verdedig nie. Vir hom was die werklike opsie “om te verdedig wat ons het en om die beginsels neer te lê waarop daardie verdediging moes rus”. In sy loopbaan as ’n grensadministrateur het Stöckenstrom altyd waarheid en geregtigheid beklemtoon. Vir hom moes hierdie twee kernwaardes die grondslag van die stelsel vorm wat hy wou vestig.