GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
860 Episodes
532 – 552

Lunch Punch: Louise Carver oor haar 'Take My Hand' toer

Die elegante Louise Carver, onder andere bekend vir treffers soos 'Home & Empty Fantasy...' kuier in die ateljee. Sy praat oor haar vertoning by die Atterbury Teater op 09 April, wat deel vorm van haar 'Take My Hand' toer.
1 Apr 2022 33 min

Lunch Punch: Rocco de Villiers oor Boeremusiek op klavier

Boeremusiek op klavier: Die gewilde pianis Rocco de Villiers kuier by GROOTfm. Hy en sy orkes toor eersdaags met gewilde keurspele van Jim Muller, Hansie Roodt en Nico Carstens. Die unieke vertoning is op 7 & 8 April by die Atterbury Teater op die planke. Kaartjies deur seatme dot co…
23 Mar 2022 33 min

Lunch Punch: Joe Foster kuier in die Boomhuis-ateljee

Die bitter talentvolle musiekman, Joe Foster, bly deesdae in Knysna. Voete op die sand en hande in die meel, bedryf hy sy eie bakkery. Maar hoe verskil die gebak-en-brou van die musiekbedryf? Hy vertel vir Francois meer.
15 Mar 2022 31 min

Lunch Punch: Francois kuier aan huis by Steve Hofmeyr

Met die oog op sy jongste vertonings by die Atterbury Teater, ontmoet Francois die sanger, skrywer, akteur en dikwels kontroversiële Steve Hofmeyr in 'n rustiger milieu. Hulle gesels aan huis oor die roete van sy loopbaan.
22 Feb 2022 38 min

Lunch Punch: Dulinda Pieters & Bennie Boekwurm gesels oor die Jakaranda Liggiefees

Dis vir GROOTfm 90.5 ‘n GROOT voorreg en lig-skyn-lekkerte om hierdie jaar ‘n mediavennoot van die Jakaranda Liggiefees te wees. Dulinda Pieters van EnterActive Productions en Bennie Boekwurm vertel ons meer. Die Liggiefees is vir die Jakaranda- asook Louis Botha Kinderhuise ‘n geweldige groot jaarlikse finansiële inspuiting.
9 Dec 2021 20 min
532 – 552