ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

Screen Her Save Her

Screen Her Save Her se jaarlikse borskankerbewusmakingsveldtog, in samewerking met Atterbury Trust, skop Dinsdag 21 April af by die Castle Gate Lifestyle Winkelsentrum. Hierdie veldtog bring mobiele siftingseenhede met mammografie- en ultraklankdienste direk na gemeenskappe en vroue wat nie altyd toegang het tot hierdie dienste nie. Sarina gesels met Danelle…
17 Apr 6AM 12 min

Is dit werklik goedkoper om 'n elektriese voertuig te ry?

Tegnologiejoernalis by MyBroadband, Hanno Labuschagne deel sy eerstehandse ervaring met ’n elektriese voertuig (EV). Oor 15 000 km het hy sowat R10 000 minder aan energie bestee as wat petrol sou kos. Hy gesels oor die werklike kostes, praktiese uitdagings en voordele van EV-eienaarskap in Suid-Afrika.
17 Apr 6AM 16 min