ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Ollyvans "Op YS"

Van die wynlande in Franschhoek tot die opnamestudio's van Suid-Afrika, bewys Ollyvans dat kreatiwiteit geen grense ken nie. Ná sy debuutduet saam met Tasché verlede jaar, tree Ollyvans nou weer na vore as kunstenaar met sy nuwe enkelsnit, "Op Ys"
19 Oct 21 min

#OntbytMetDoepieEnNina - SA se aanlyn dobbel probleem

Die aanlyn dobbelbedryf floreer terwyl Suid-Afrikaanse huishoudings toenemend, as gevolg daarvan, onder geldelike druk verkeer. Miljarde rande word jaarliks verwed in ʼn bedryf wat volgens nuwe navorsing van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) nie net mense se inkomste raak nie, maar ook gesinne se vermoë om die pot aan die kook…
19 Oct 15 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min