GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
861 Episodes
652 – 672

Lunch Punch: Tasha oor Ek Moet Weet

Tasha het harte gewen tydens Die Kontrak, Coleske Artists se realiteitsangkompetisie en is besig om haar merk as talentvolle kunstenaar te maak. Sy het in verskeie van die episodes lof ontvang vir haar optredes. Sy volg haar eerste enkelsnit "Die Uitsondering" op met 'n liedjie uit die pen van twee…
26 Oct 2020 22 min

Gister Se Grotes: Akteurs bring hulde aan Gerrit Schoonhoven

Die regisseur en akteur Gerrit Schoonhoven was wyd bekend in die rolprent- en televisiebedryf, asook in teaterkringe. Hy is op Dinsdag 20 Oktober 2020 oorlede nadat kanker 'n paar maande gelede by hom gediagnoseer is. Die bekende akteurs Zak Hendrikz, Je-ani Swiegelaar, Luan Jacobs, Christel van den Bergh en Germandt…
25 Oct 2020 13 min

Lunch Punch: Willem Botha oor Kimberley

Willem Botha kuier in die Lunch Punch om te gesels oor Kimberley, die nuwe enkelsnit uit sy eie pen. Hy vertel verder hoe hy tyd maak vir sy ander passies naamlik toneelspel, aanbieding en deesdae ook fotografie.
23 Oct 2020 27 min

Lunch Punch: Pieter Marcato oor Ek Onthou Jou

Die kans dat jy al vir Pieter Marcato êrens sien optree het is baie goed. Miskien as deel van die groep Marcato saam met Ben van Zyl of in die alternatiewe popgroep EON saam met sy mede-kunstenaars Altus Theart en Jerry Spangenberg. Hy het onlangs ook as solo-kunstenaar begin optree…
21 Oct 2020 20 min

Lunch Punch: Christiaan Baartman oor Die Beste Deel

Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Christiaan Baartman, reik sy nuwe enkelsnit, Die Beste Deel, uit. Christiaan en Jattie de Beer het die lied saam geskryf. "Gebore uit 'n lekker bottel rooiwyn en 'n nostalgie van liefde," sê hy in die Lunch Punch. Hy vertel ook meer oor sy ervarings in…
19 Oct 2020 27 min

Lunch Punch: Cato Bekker oor Die Uitnodiging op kykNET

Die Uitnodiging is 'n splinternuwe realiteitsreeks wat onlangs op kykNET begin wys het. Met die afgelope inperking het mense opnuut besef hoe belangrik verhoudings in die lewe is. Cato Bekker is die aanbieder en vervaardiger van hierdie program wat poog om mense met mekaar te versoen.
16 Oct 2020 5 min

Lunch Punch: Gerduan Kemp oor Sesde Sintuig

Die Bloemfonteinse sanger en fotograaf Gerduan Kemp het kom gesels oor sy splinternuwe enkelsnit Sesde Sintuig. Geskryf deur Johan Oberholzer en vervaardig deur Murray Lubbe.
16 Oct 2020 19 min

Lunch Punch: Frank Opperman oor Steeds Donkie in Atterbury Kollig

Frank Opperman is 'n huishoudelike naam. Maar net soos baie ander akteurs kon hy die afgelope paar maande nie voor gehore optree nie. Hy gesels oor sy opvolgproduksie "Steeds Donkie" en vertel opgewonde hoe hy besig is met repetisies hiervoor. Die vertoning is op 25 Oktober 2020 by die Atterbury…
16 Oct 2020 5 min

Lunch Punch: Stefan Jansen oor Verdienste & Genade

Plaaslike sanger, musikant en liedjieskrywer Stefan Jansen is al oor die afgelope sestien jaar in die musiekbedryf doenig. Hy stel sy nuwe enkelsnit "Verdienste & Genade" eksklusief in die Lunch Punch vry. Ons vind meer uit oor sy skoolloopbaan, kitaarlesse, studies in Regte en musiek as goue draadjie deur dit…
14 Oct 2020 27 min

Lunch Punch: Andriëtte oor Hartsland

Andriëtte Norman het in 2007 landswyd ‘n huishoudelike naam geword nadat sy as naaswenner aangewys was in die vierde seisoen van Idols SA. Sy kom gesels oor Hartsland, haar 6de Afrikaanse albumuitreiking en verklap hoekom sy vir 'n rukkie stil was.
2 Oct 2020 22 min

Lunch Punch: Jae-Lynne van Aswegen - Jou Groot Talent sangafdeling wenner

Die twaalf-jarige Jae-Lynne van Aswegen van Laerskool Constantia Park in Pretoria, was self verbaas toe sy hoor haar ma het haar video ingeskryf vir die Jou Groot Talent kompetisie. Sy vertel ons hoe sy gevoel het nadat sy as wenner van die sangafdeling aangewys is en sing sommer vir ons…
18 Sep 2020 7 min
652 – 672