100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
838 Episodes
1 – 20

Ossewaens: Jouberts versamel en restoureer vir volgende geslag

Mariette Joubert van Joubert en Seuns het maar in 2018 begin om 'n jarelange versugting te bevredig: sy wou 'n ossewa hê, en het hulle intussen begin versamel en restoureer. Haar en manlief Kobus se versameling staan al meer as 50 waens sterk. Sy gesels oor dié passie.
3 May 19 min

Brandseisoen begin in die Laeveld

Die brandseisoen het amptelik afgeskop in die Laeveld. André Scheepers van Lefpa gesels met Sonop Ontbyt oor alles wat jy moet weet.
2 May 12 min

Reggio Emilia-benadering werk vir Penryn

Penryn Prep pas die Reggio Emilia benadering in hul voorskoolse klasse toe, en dit werp ongelooflike vrugte af. Die hoof, Nicole Meyer, gesels met Amanda en Coenie oor wat dit behels.
2 May 12 min

Ruan du Toit kuier in Laeveld

Ruan du Toit is in die Laeveld vir 'n vertoning (wat reeds uitverkoop is) ten bate van Moving Mountains. Hy het in die ateljee kom kuier.
1 May 16 min

Groot makietie by botaniese tuin

HunTer Leite, Soné en Scallywag is van die kunstenaars wat vandag vir Jamie Fine open tydens haar konsert by die Laeveld Botaniese Tuin. Hulle het in die ateljee kom inloer.
1 May 7 min

Sabie Mast help troeteldierbevolking in bedwang hou

Die Mass Animal Sterilization Trust (Mast) in Sabie hou gereelde uitreikaksies na omliggende areas waar hulle mense se troeteldiere vir hulle steriliseer. Debbie Moller sê hul fondsinsameling op 1 Mei help om hierdie noodsaaklike diens te befonds.
30 Apr 14 min

Aardedag gevier

Richard Davis van EcoTraining gesels met Skedaddle op Wêreld Aardedag.
30 Apr 10 min

Lulu op pad na Paralimpiese Spele

Juané "Lulu" le Roux (17) gaan vanaf Augustus in Parys, Frankryk, aan die Paralimpiese Spele deelneem. Die Hoërskool Nelspruit-leerling neem in die F46-klas aan gewigstoot en spiesgooi deel. Sy kuier saam met die skool se DP Badenhorst in die ateljee.
30 Apr 10 min

So werk spesiale stemme in Mei

Jy het tot 3 Mei om aansoek te doen om 'n spesiale stem uit te bring met die komende algemene verkiesing. As jy bejaard of swanger is, op stemdag moet werk of weg van jou stemlokaal moet wees kan jy al 27 of 28 Mei gaan stem. Thea Rix verduidelik…
29 Apr 10 min

SACBW netwerk met pret

Die South African Council for Business Women (SACBW) het al takke in Nelspruit en Witrivier. Secunda het eersdaags hul eerste vergadering en Nkomazi is in die proses om gestig te word. Estelle Roe en Annelize Marais vertel meer oor die voordele van lidmaatskap en hul volgende netwerksessie.
29 Apr 11 min

Serebrale gestremdheid kan Cameron Meyer nie keer nie

Cameron Meyer het serebrale gestremdheid. Dit is egter nie iets wat hom terughou nie. Boonop is so spesiaal dat die rugbyspelers van sy skool, Penryn, en Uplands by die derby verlede naweek hom 'n speelkans gegee het, Hy kon selfs 'n drie gedruk. Hy kuier saam met Keagan du Preez,…
29 Apr 10 min

Pumas môre tuis teen Luiperds

Die Airlink Pumas en Suzuki Griekwas bly onoorwonne in die SA Beker-reeks met die poubloues bo-aan die punteleer weens hul beter punteverskil. Die pienktruie speel die naweek weer tuis, teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag. Hulpafrigter, Corné Steenkamp, gesels met Sonop Ontbyt.
26 Apr 8 min

NHS-revue 2024: Genres

Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 6 min

Beraad oor Bela eersdaags in Mbombela

Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 7 min

Sitrusprodusente verwag rekord uitvoere, ondanks uitdagings

Die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika verwag 'n sterk uitvoerseisoen, met 'n geprojekteerde sewe-persent toename in suurlemoenuitvoere, wat 'n verdubbeling is sedert 2016. Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, sê hulle gaan binne ‘n maand met die EU, die grootste uitvoermark, konsulteer oor nuwe eise wat hulle stel oor "false…
24 Apr 13 min

Heroïenkrisis: Hoe groot is dit werklik?

Hoe groot is Suid-Afrika se heroïenkrisis soos beskryf in 'n onlangse studie in die "Journal of Illicit Economies and Development"? Marina Erasmus van SANCA Laeveld, verduidelik wat hulle op voetsoolvlak beleef - en waar jy kan aanklop om hulp as jy pynmiddels vir iets anders as pyn begin gebruik.
23 Apr 14 min

Heroïenkrisis: Hoe groot is dit?

Hoe groot is Suid-Afrika se heroïenkrisis soos beskryf in 'n onlangse studie in die "Journal of Illicit Economies and Development"? Marina Erasmus van SANCA Laeveld, verduidelik wat hulle op voetsoolvlak beleef - en waar jy kan aanklop om hulp as jy pynmiddels vir iets anders as pyn begin gebruik.
23 Apr 14 min
1 – 20