100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,132 Episodes
1 – 20

Toegang tot Kaapsehoop steeds gratis

Nee, besoekers hoef nie toegangsfooie te betaal om deesdae die ikoniese Kaapsehoop te besoek nie. Andrea Fourie verduidelik waarvoor hulle wel - onder vrywilligers - fondse insamel.
20 Jun 18 min

FAK herstel Trichardt-Potgieter-monument

Noord van Graskop staan ’n monument wat getuig van moed, opoffering en pioniersgees – ’n gedenkteken aan Karel Trichardt en Andries Potgieter, twee figure wat diep spore in ons geskiedenis getrap het. Hierdie monument, wat hul reis en invloed op die Groot Trek verewig, is pas met sorg herstel. Charles…
20 Jun 7 min

Hazyview Rugby kry vroue voorsitter

Kitty le Grange is die eerste vrou om die voorsitter te word van Hazyview-rugbyklub. Sy gesels voor hul eindstryd teen Matsulu volgende week met 100.5FM.
20 Jun 10 min

Feeskoors heers voor Innibos 2025

Mopani Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet by Innibos. Naranda Leeuwner en Marlien du Toit vertel meer oor die ATKV-Storiekrôl.
19 Jun 14 min

Skrywers deel inspirasie by Innibos se ATKV-Boekgesprekke

Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis met Francois van Coke, Annie Klopper, Marinda Engelbrecht, Elize Parker en Johannes de Villiers. Sanett Oosthuizen vertel vir Sonop Ontbyt meer.
19 Jun 12 min

AfriForum veg voort teen mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het…
12 Jun 11 min

Vir verandering, dóén iets anders

Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.
11 Jun 23 min

Byeterapie: Chroniese gesondheid is moontlik

Bye word al eeue lank ingespan vir alternatiewe en holistiese genesing. Die naweek vind 'n simposium oor byeterapie in Mbombela plaas by Bardolino. Die plaaslike byeboer, Inge Austin, vertel wat dié eeue oue praktyk behels.
10 Jun 17 min

Lefpa verwag bedrywige brandseisoen

Die Laeveld se brandseisoen het amptelik begin. Tot 31 Oktober is die brandgevaar hoog. André Scheepers van Lefpa sê hulle verwag 'n bedrywige brandseisoen.
9 Jun 12 min

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min

Wikipedia in Afrikaans vorder goed

Deon Steyn gesels met Charles oor die volwaardige Afrikaanse Wikipedia wat sy span besig is om op die been te bring vir die bewaring van Afrikaanse woorde.
27 May 13 min

Pumas klop Griekwas om SA Beker-kroon

Die Airlink Pumas het hul eerste SA Beker-titel verower toe hulle die Griekwas Saterdag in die eindstryd van die toernooi by Mbombela-stadion geklop het. Griekwas se voorryspeler, Cebo Dlamini, het in die sewende minuut ‘n rooikaart ontvang ná 'n kop-aan-kop-duikslag, en die tuisspan het skaars 'n minuut later 'n doel…
27 May 13 min

Flamboyant vier fantastiese 40

By Flamboyant Skool gee niemand ooit op nie, vertel Gail van der Riet, die hoof, en adjunkhoof, Lindsay Rogerson, in die skool se 40ste bestaansjaar.
23 May 9 min
1 – 20