100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
825 Episodes
20 – 40

Vroue raak al hoe dieper in die skuld

National Debt Advisers sê Suid-Afrikaanse vroue raak al dieper in die skuld – teenoor mans – en dit is deels te wyte aan die geslagsloongaping. Dehan Scherman van National Debt Advisers sê Statistieke SA beraam dit op ongeveer gemiddeld 30%.
4 Apr 13 min

Gin-ilicious baie meer as jenewer produkte

Glaudia Maulgue het na 'n Covid-verwante aflegging ontwerperswater begin verkoop. Intussen het Gin-ilicious die produkaanbieding aansienlik uitgebrei. Sy sê entrepreneurs moet vasbyt en aanhou glo in hul produk.
4 Apr 9 min

Wêreld Outismedag vandag herdenk

Vandag is Wêreld Outismedag en die hele maand word daaraan gewy om bewusmaking te kweek oor outismespektrum-versteuring (OSV). Die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) is betrokke by twee groot geleenthede wat dit vier en hulp bied volgende week in die Laeveld. Stigter Cindy Coetzee vertel meer.
2 Apr 8 min

BIA: Vlekkie in my nekkie

Die plaaslike sangeres, BIA, het haar jongste enkelsnit en musiekvideo vir "Vlekkie in my nekkie" op 100.5FM kom bekendstel.
29 Mar 7 min

Pumas in eerste wedstryd tuis die seisoen

Die Airlink Pumas speel vandag hul eerste tuis wedstryd in die SA Beker-toernooi wanneer hulle die gashere is vir die Oostelike Provinsie. Die pienktruie het verlede week hul veldtog met 'n oorwinning van 43-22 oor die SWD Arende in George begin. Die Pumas se wedstryd vanmiddag by Mbombela-stadion skop om…
29 Mar 13 min

Marloth Park oorbevolk van diere

Daar is te veel diere in Marloth Park, maar hopelik vind hulle eersdaags 'n oplossing om hulle uit te dun wat nie die uitskiet van diere in hierdie residensiële area behels nie. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging sê hulle baklei al agt jaar lank met die plaaslike owerheid, Nkomazi-munisipaliteit.
28 Mar 16 min

Paartjie oorleef luiperd-aanval

’n Kampeerdery in die Kgalagadi-oorgrenspark het vroeër vandeesmaand ’n angswekkende beproewing vir die Kaapse egpaar, Gavin and Jill Allderman, geword toe ’n uitgehongerde luiperd hulle in die nag aangeval het. Dit is 'n storie wat jou hare laat rys.
27 Mar 15 min

Top kunstenaars die naweek in Marloth Park te sien

Die werke van top kunstenaars van regoor die land word hierdie naweek ten toon gestel tydens 'n spesiale kunsuitstalling in Marloth Park. Gavin Choni, van die kunshandelaars The Gavin Project, vertel meer.
27 Mar 8 min

Hennie's hartlik verwelkom in Nelspruit

Hennie's het oopgemaak in Nellies met Marius Nel agter die stuur. Neels is dankbaar, en Andri hoor mense staan behoorlik tou om dié atmosferiese plek te ervaar.
26 Mar 8 min

Plaaslike bekfluitjiespeler verteenwoordig SA in VSA

Marilize van Veen, 'n bekfluitjiespeler, het onlangs Suid-Afrika verteenwoordig by die South African Championship of Performing Arts in die VSA en het met sewe silwer- en twee bronsmedaljes huis toe gekom.
22 Mar 13 min

Cotton Lily so mooi soos dit klink

Denise Smith sê kliënte verras haar elke dag met hul keuses van watter egte katoen babaklere hulle by haar koop. Sy vertel hoe Cotton Lily ontwikkel het tot spesialiseer in babaklere en watter rol haar eie dogters speel in die ontwerpproses.
20 Mar 16 min

Ride for a Child stel wêreldrekord op

Die Ride for a Child-motorfietsryers kon tydens die onlangse vyfde aflewering hiervan daarin slaag om 'n wêreldrekord op te stel met 2 616 motorfietse wat in tandem gery het ten bate van liefdadigheid.
20 Mar 15 min
20 – 40