'n Totaal van 35 atlete van Mpumalanga het vanjaar gekwalifiseer om aan die Biathle Triathle Laser Run Wêreldkampioenskappe deel te gaan neem. Dit word in Desember in Mosselbaai aangebied. Jean Eksteen (o/15), Jessica Matthysen (o/17), Lara Janse van Rensburg (o/17) en Hannah Morgado (o/13) kuier in die ateljee.
Weens onweer die afgelope week in die Laeveld is verskeie vlugte na KMI-lughawe ontwrig. Mphilo Dlamini', Air Traffic & Navigation Services se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie, verduidelik wat die opgeskorte instrumentvlugprosedures beteken.
Die Ridiculous Rocktober Ektravaganza is 'n eerste van sy soort uitverkoping op gebruikte voertuie. Christo Leeuwner, die algemene bestuurder van Audi Centre Mbombela kuier in die ateljee.
'n Cessna 206-vliegtuig is nog nie gevind nie nadat dit gister kort na hy opgestyg het vermis geraak het. Die vliegtuig was op pad na Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe toe. Dit het om 13:23 vanaf King Mswati III Lughawe in Eswatini vertrek en om 13:37 sein verloor. Gregory Critchley van…
Elzabé de Bruyn, 'n organie groentetuin konsultant, vertel hoe om na die verskillende groente in jou tuin om te sien. Wat benodig jou pampoen, waatlemoen, spanspek en komkommer?
Die DA in Mpumalanga het die provinsiale regering veroordeel vir die bou van die Internasionale Varsproduktemark sonder goedgekeurde bouplanne. Tersia Marshall van die party merk dat dit meer as R2 miljard gekos het, maar steeds onoperasioneel is omdat die Mbombela-munisipaliteit weier om 'n okkupasiesertifikaat uit te reik, 'n wetlike voorvereiste…
Die Nelspruit Cancer Care Community is 'n netwerk van plaaslike proffesionele mense wat almal kan help wanneer jy of 'n geliefde met kander gediagnoseer word. Inge Botha en Linda Brenchley vertel meer van al die hulp wat jy nie eens weet jy benodig nie.
Lowveld Nuts hou op 16 Oktober 'n opedag. Hermann Hohls vertel vir Sonop Ontbyt meer oor hul gevorderde tegnologie wat 'n nuwe standaard in makadamia-verwerking stel met hul wêreldklas-fasiliteite.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê e-sigarette dryf 'n ontstellende nuwe golf van nikotienverslawing aan, met miljoene kinders wat verslaaf is aan damprook. Die VN se gesondheidsagentskap sê die bedryf bevorder damprook as minder skadelik as sigarette, maar in werklikheid teiken hulle jongmense met kinders wat verslaaf raak. Sis. Juandré Watson van die…
Suid-Afrika se Singende Chirurg, dr. Wilhelm Lichtenburg, se jongste enkelsnit, saam met die West End-ster Kerry Ellis, om fondse in te samel vir kinders met harsiektes. Hy gesels met Laeveld Brunch oor "With all my heart".
Radio Laeveld se eie Charles Gentle is een van die kunstenaars wat Saterdag optree by Hoërskool Bergvlam se Vlammiefees om die skool se 50ste bestaanjaar te vier.
Matthew 'Bushy' McKelvey en Dave Malherbe het reeds 5 000 km afgelê as deel van Wheels of Hope om bewusmaking te skep oor die lewe na 'n ledemaat geamputeer word.
Lucille De Villiers en Venessa Mc Taggart het onlangs twee weke in Brasilië en Argentinië spandeer en meer as 80 reisagente en toeroperateurs ontmoet om Witrivier as 'n toeristebestemming te bemark. Hulle vertel wat is volgende vir White River Wander.
Vier mense het die naweek 24 uur in 'n voertuig spandeer om fondse in te samel vir KANSA Laeveld. Rinella Jansen van Vuuren gesels met Coenie (wat een van die vier mense was) oor hoe hulle hul doelwit oortref het.
30 Sep
7 min
52 – 72
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.