Matthew 'Bushy' McKelvey en Dave Malherbe het reeds 5 000 km afgelê as deel van Wheels of Hope om bewusmaking te skep oor die lewe na 'n ledemaat geamputeer word.
Lucille De Villiers en Venessa Mc Taggart het onlangs twee weke in Brasilië en Argentinië spandeer en meer as 80 reisagente en toeroperateurs ontmoet om Witrivier as 'n toeristebestemming te bemark. Hulle vertel wat is volgende vir White River Wander.
Vier mense het die naweek 24 uur in 'n voertuig spandeer om fondse in te samel vir KANSA Laeveld. Rinella Jansen van Vuuren gesels met Coenie (wat een van die vier mense was) oor hoe hulle hul doelwit oortref het.
Die Mbombela-tak van die South African Council for Business Women (SACBW) het, as verlede jaar se top-tak, vanjaar die eer om die nasionale toekenningsaand aan te bied. Lonice Wessels en Cecilia Kaufman vertel meer oor die She Rise Gala op 18 Oktober.
Die Nasionale Gesondheidslaboratorium het so twee jaar gelede ophou om slangteengif te vervaardig, maar dit is nou weer beskikbaar. Chris Hobkirk van die Lowveld Venom Suppliers gesels met Saterdag Ontbyt.
Die Mpumalanga-wetgewer het Dinsdag ‘n mosie van die EFF aanvaar om die Krugerwildtuin se naam te verander na die Skukuza Nasionale Park. Die party wil ook hê dat die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe se naam na die DD Mabuza-lughawe verander word. Willie Aucamp van die DA sê egter die wetgewer is…
Die SA Nasionale "Golden Oldies" Rugby-vereniging hou die naweek 'n rugbyfees by Hoërskool Bergvlam met 28 spanne wat in aksie is. Okkie Oosthuizen en Jacques Immelman van die Laeveld Leeulopers vertel meer.
Gracious Mhlanga was die wenner van die JoJo-tenk wat van House of Plumbing te wen was by die afgelope Mpumalanga Skou. Peet Ferreira het vanoggend tydens Sonop Ontbyt die gelukkige trekking behartig.
Sinani bied op Erfenisdag 'n oorspronklike produksie, "The River" aan by Church Unlimited. Hannah Mohajer, die direkteur van Sinani Arts Academy, en Phil Olckers , die kommunikasiebestuurder, vertel meer oor hierdie nie-winsgewende organisasie se werk in die gemeenskap.
Elzabé de Bruyn, 'n organiese groentetuin konsultant, het tydens Saterdag Ontbyt vertel watter gewasse jy nou moet plant voor die somer en hoe jy organies daarna kan omsien.
Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
"Die Tas in Ponte" is 'n eg-plaaslike produksie wat op 23 September by die Boulevard Theatre se debuut maak. Lasea Swift, Koos Schoonraad en Bertus de Bruyn gesels met die Middag Game Drive.
Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
Die Airlink Pumas het die WP Saterdag met 39-13 in hul Curriebeker-wedstryd in Kaapstad geklop en bly sodoende in die stryd vir die uitspeelrondes. Die Pumas is nou 5de op die punteleer, met die segelose WP heelonder. Hulle speel Vrydagaand in Durban teen die Haaie in die finale ronde om…
Die Mpumalanga Skou is hier en 100.5FM saai regstreeks uit vanaf Mbombela-stadion. Saterdag is dit saam met House of Plumbing. Craig Irwin het met Sonop Ontbyt gesels.
Richardt Strauss, die groep verkopebestuurder van Produkta Pre Owned Vehicles, maak Neels se oggend want hy wil net oor voertuie praat.
3 Sep
12 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.