Safari Gids van die Jaar is hierdie jaar 15 jaar oud. Die 2026 kompetisie vind plaas 18 tot 24 Junie. Vyf finaliste is reeds gekies en die finale sal in die Groter Kruger wees. Mike Karantonis is die stigter en 'n beoordelaar.
Van die Laeveld na Japan... Die plaaslike krieketspeler Katie Prior het onlangs aan die jaarlikse Women’s Japan Premier League deelgeneem. Sy gesels met die Middag Game Drive oor haar reis van speel vir Mpumalanga Dogters o.19 en Mpumalanga Vroue – tot nou vir die Titans in Pretoria asook haar onlangse…
Callum Mac Pherson ,moes 'n kliënt die week met 'n Bell's beloon na sy dapperheid gehelp het om 'n verdagte, wie Securicon glo 'n gewoontemisdadiger is, vas te trek. Hy gesels met Laeveld Brunch.
Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende Hokkie Wêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive.
Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is 'n krisis. Tot soveel as 70% van opvoeders ervaar dit, en byna 50% verlaat die professie binne hul eerste vier jaar. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings.
Linda Brenchley, 'n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen.
Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Ons gesels nou met Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton.
Die SANParke Ereveldwagters Laeveld ondersteun reeds sedert 1964 die Krugerwildtuin se werksaamhede. Op die vooraand van die ikone park se 100ste verjaarsdagviering, gesels Jacques Malan met Laeveld Brunch.
Innibos bied Saterdag weer Local is Lekker-weekkaartjies teen afslag vir Laeveld-inwoners by i’langa Mall. Naranda Leeuwner verduidelik watter ander pryse jy ook kan wen. Hannes Diedericks en Lourens van der Westhuizen het tydens Sonop Ontbyt toegangskaartjies gewen.
SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Rey Thakhuli het meer.
Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt.
Meghan Wallace-Nagel kan nie wag om aan Barrel Racing te gaan deelneem in die VSA nie. Sy gesels met die Middag Game Drive.
22 May
12 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.