Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
293 Episodes
40 – 60

Wiele2Wiele ry met Citroën se C3-buksie

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Citroën se C3-buksie en BMW se vuurwa - die M340i. Nicol deel sy wysheid oor enjin-uitlegte en daar is verwikkelinge in die Louw-motorhuis.
19 Jul 2023 22 min

Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken

Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI. Vir die wenk van…
13 Jul 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak

Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier.
5 Jul 2023 24 min

Wiele2Wiele: Alfa vier mylpaal met nuwe Stelvio

Hierdie week in Wiele2Wiele vier Alfa Romeo hulle 113de bestaansjaar en stel die nuwe Stelvio bekend. Die W2W-span is beïndruk met Renault se Captur en glimlag oor BMW se 3-silinder X1. Hulle gee ook bestuurswenke vir die nat pad en ’n geskiedenisles oor motorfietsrenne.
29 Jun 2023 23 min

Wiele2Wiele leer meer oor waterstof-boot

Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die Energy Observer-katamaran wat selfonderhoudend is wat energie betref en gebruik maak van Toyota se brandstofseltegnologie. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se nuwe Fortuner en gaan ry met BMW se elektriese iX3. Hulle doen ’Speed Dating’ met voertuie by get\Worth en raak nostalgies…
22 Jun 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese trok-reeks

Wiele2Wiele het die bekendstelling van Volvo se elektriese vragmotor-reeks bygewoon, met Toyota se nuwe Vitz rondgerits en tyd met die Jeep Grand Cherokee spandeer. Hulle gee raad oor hoe jy ‘n turbo-aangedrewe enjin kan warm maak en wenke vir wanneer jy die reënweer met ‘n motorfiets moet trotseer.
14 Jun 2023 26 min

Wiele2Wiele gesels oor Volvo se elektriese stadsbuksie

Wiele2Wiele gesels oor die Ford Everest-reeks wat met twee nuwe modelle spog – die XLT en Wildtrak. Hulle ervaar Sweedse luuksheid met Volvo se elektriese C40 Recharge en vir die eerste keer in 37 jaar, het ’n leefstyl-bakkie tydens die Motor van die Jaar-kompetisie met die louere weggery.
8 Jun 2023 25 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tucson en C3

Wiele2Wiele het drie bekendstellings bygewoon - Hyundai se nuwe Tucson N Line, Citroën se C3 en Honda se Transalp-motorfiets. Hulle gaan ry ook met Renault se Koleos en vertel vir jou wat daardie rooi knoppie op sekere stuurwiele doen.
1 Jun 2023 23 min

Wiele2Wiele ry met Merc se nuwe GLC-sportnuts

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Mercedes-Benz se splinternuwe luukse GLC-sportnuts en ervaar hoe dit is om met die Toyota Rav4 se inprop-hibried te leef. Hulle gesels oor die 2023 Nampo Oesdag en daar is motorfiets-verwikkelinge in hierdie motorhuis.
24 May 2023 25 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe vyfsitplek-Grand Cherokee

Wiele2Wiele het die bekendstelling van Jeep se nuwe vyfsitplek-Grand Cherokee bygewoon. Hulle gaan ry met Hyundai se i30 N warm-luikrug en bespaar brandstof met Toyota se Corolla Hatch Hybrid. Hulle gesels ook met Jamie Surkont, oor hoe sy passie gelei het tot die ontstaan van get\Worth. Vir 2Wiele, kuier Clinton…
17 May 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Honda Civic Type R

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Civic Type R, wat spog met ’n baanrekord by die Suzuka- en Nürburgring-renbane, en ook ’n klaskategoriewenner by die 2023 Simola-heuwelren was. Hulle is opgewonde oor Kia se pragtige Sportage wat nou as ’n dieselmodel beskikbaar is en gee huiswerk vir…
10 May 2023 25 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Urban Cruiser

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Toyota wat sy splinternuwe Urban Cruiser bekendgestel het en hulle gaan ry met Hyundai se vlagskip Palisade. Hulle raak opgewonde oor die Simola-heuwelren wat die komende naweek plaasvind, gee raad oor restourasie-projekte en gesels oor hoëwerkverrigting-fietse vir 2Wiele.
3 May 2023 23 min

Wiele2Wiele ry met Merc se EQ 400

Wiele2Wiele gaan ry hierdie week met Mercedes-Benz se vol-elektriese EQC 400, dan stel Suzuki sy nuwe Grand Vitara bekend en jy kry ook ’n lusmaker van die Simola-heuwelren wat van 5-7 Mei plaasvind.
26 Apr 2023 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Baic Beijing X55

Wiele2Wiele ry hierdie week in besigheidsklas met BMW se 740i, spandeer tyd met Ford se nuwe Ranger XLT 2.0L BiTurbo-bakkie en ervaar hoe die Chinese die koppe laat draai met hulle Baic Beijing X55. Daar is ook ʼn les oor skokbrekers en vere, gevolg deur ’n geskiedenisles oor die Britten-motorfiets.
19 Apr 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met enkel- en superkajuit-Ranger-bakkies

Hierdie week gaan Wiele2Wiele saam met Ford en sy nuwe enkel- en superkajuit-Ranger-bakkies op ’n avontuur om ’n verskil te maak. Hulle rits rond met die Fiat 500X, gesels oor die Motor van die Jaar-toetsdae, raak slim oor voertuig-platforms en vir 2Wiele is daar ’n BMW Motorrad-geskiedenisles.
12 Apr 2023 24 min

Wiele2Wiele verken Karoo met nuwe Fortuner en Seltos

Hierdie week verken Wiele2Wiele die Karoo se besonderse skoonheid van twee kante af – aan die een kant met Toyota SA en sy nuwe 2023 Fortuner en aan die ander kant, saam met Kia SA en sy Seltos. Dit is ook weer tyd vir die Motor van die jaar-toetsdae, waar…
6 Apr 2023 26 min

Wiele2Wiele ry met twee Toyota GR-modelle

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Renault wat sy spliternuwe Captur bekendgestel het en hulle ry met Toyota se Hilux GR-Sport en die GR86. Hulle gee raad oor wat jou banddruk moet wees as jy met jou 4x4 in die sand wil gaan baljaar en vertel jou alles oor BMW se…
29 Mar 2023 26 min

‘n Sanipas-avontuur met Ineos Grenadier

Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ‘n Sanipas-avontuur met die nuwe Ineos Grenadier, wat gemaak is om enige terrein aan te pak. Hulle gaan ry ook met Volkswagen se Polo-sedan, gesels oor die belangrikheid van olie en gaan ry met BMW se K1600 GT-motorfiets.
22 Mar 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met Lexus se UX 250h

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Lexus se luuksste UX 250h kompakte sportnuts en vat ook die pad met die sewesitplek Honda BR-V. Hulle gesels oor Kia se ryke geskiedenis en dan kuier Justus Visagie in die ateljee – hy het die langpad van Johannesburg na Kaapstad met ’n elektriese…
15 Mar 2023 25 min
40 – 60