As jy hoor wat jy wil, luister jy nie, sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer. Haar raad vir sakemense is nie goed wat hulle aldag wil hoor nie, maar moet. Alles is heeltyd besig om te verander. Wat in die verlede gewerk het, tel nie meer nie. Jou reaksie op…
Die debat of margarien of botter meer gesond is woed voort. Beide het voordele en nadele vir jou gesondheid, maar watter een kielie jou smaakkliere? Amanda gaan vind uit.
Pieter Rischmuller gesels hierdie week met Amanda oor sy transformasie van Piet Pompies na Pieter Rischmuller. Hy sê dit was 'n jarelange proses, en hoewel hy nie verander het nie, word nou 'n bietjie ernstiger opgeneem. Hulle gesels ook oor hul gedeelde liefde vir die Bosveld.
Sou die ondenkbare gebeur en jy word aangeval, het jy verskeie regte wat beskerm moet word wanneer die geregtelike proses daarna begin. Menseregte-aktivis Themba Mdlovu van GRIP en Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte, gesels met Johanné Strydom in die tweede aflewering van hul podcast.
Om aangeval te word, is nooit jou skuld nie. Dit is die boodskap van Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP. Sy het self ‘n brutale aanval oorleef. Sy gesels met Johanné Strydom in die eerste aflewering van hul podcast.
Die Spoorloos-span sou gister hul reis oor die lengte van die Oranjerivier voltooi, maar soos met enige avontuur soos hierdie duik struikelblokke maar op. “Ons is bietjie geknak, maar ons gaan sterk aan,” sê Francois Jacobs. Hulle kon darem 110 km aflê voor ‘n woeste sandstorm hul tot stilstand gedwing…
Die Spoorloos-span pak vanoggend die finale 140 km van hul tog op die Oranjerivier tot in Alexanderbaai aan vir bewusmaking oor geestesgesondheid. Francois Jacobs sê die laaste paar dae was vir hom geestelik moeilik op die water. “Moenie bang wees om vir hulp te vra nie,” sê hy. Hy voeg…
Ses Laeveldse manne se Transoranje-Spoorloos-tog op die Oranjerivier loop môre ten einde. Vandag het hulle 130 km op die rivier afgelê tot by Aussenkehr. Francois Jacobs sê hulle het vandag heelwat probleme ondervind met die ondersteunersvoertuig wat gebreek en een bootjie wat 'n gat in gekry het. "Ons is baie…
Die Spoorloos-spanne se reis op die Oranjerivier staan nou einde se kant toe.. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser kweek met hierdie avontuur bewusmaking oor geestesgesondheid. Francois vertel hoe hulle die grens na Namibië oorgesteek het.
Die Spooloos-span het besluit om in Namibië middagete te geniet. Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is besig om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr., Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser kweek met hierdie avontuur bewusmaking oor…
Dit is hul laaste dag in Suid-Afrika, voor die Spoorloos-span aan die Namibiese kant van die Oranjerivier hul tog Alexanderbaai voortsit. Francois Jacobs vertel van hul moeilike dag gister met verskeie keerwalle wat in hul pad gestaan het op die 120 km onderweg na Upington.
Deloris se sussie Gertrude wou nog altyd Sondagskool aangebied het. Toe sy die geleentheid kry, vertoon sy haar verstommende kennis van die Bybel. Deloris vertel.
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle het gister die 140 km…
Die kunstenaar en musikant André van Wyngaardt het reeds meer as 200 liedjies geskryf in sy loopbaan. Hy vertel vir Amanda hoe hy 'n balans tussen kuns en musiek handhaaf.
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle het gisteraand in Prieska oornag…
Regsaksie is geloods teen die beplande #NationalShutdown Maandag. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) bevestig dat die Laeveld se veiligheidstrukture gereed is . "Niemand het die reg om ander te intimideer en paarie te versper nie," sê sy. Haar raad is vir sakeondernemings om met hul personeel te kommunikeer, hulle…
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Kobus vertel vir Sonop Ontbyt…
Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is onderweg om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê. Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid. Hulle is nog onderweg van die Gariepdam…
14 Mar
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.