Nuus

Nuusmakers in hul eie woorde.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Daily News
14 Episodes

LUISTER | Stemboodskappe tussen kunstenaar, kliënt

Stemboodskappe wat Santha Vermaas, 'n Pretoriase kunstenaar, aan een van haar vermeende slagoffers gestuur het nadat die vrou vrae begin vra het oor geld wat sy betaal het vir goedere wat sy glo nie ontvang het nie.
12 Jul 2023 12 min

LUISTER | Steenhuisen betuig medelye

John Steenhuisen, leier van die DA, het Maandag sy medelye oor die dood van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, ANC-LP en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, uitgespreek.
5 Jun 2023 1 min

LUISTER | Telefoongesprek oor Cloete Murray maak opslae

’n Telefoongesprek tussen twee likwidateurs enkele dae ná die koelbloedige moorde op die bekende likwidateur Cloete Murray, en sy seun Thomas, maak wyd opslae. Karen Keevy, wat vandeesweek as mededirekteur van Commonwealth Trust in Alberton bedank het, beweer in die gesprek met Johan Engelbrecht hulle het almal geweet “dis net…
29 Mar 2023 2 min

Netwerk24 in Nkandla - Ambulans toegang geweier na Nkandla

’n Ambulans het pas by die hoofhek na die Nkandla-woonkompleks opgedaag, maar die dansende Zuma-ondersteuners weier om pad te gee en die ambulans te laat ingaan. Netwerk24-joernalis, Dennis Delport, doen regstreeks verslag uit Nkandla soos die Zuma-saak ontvou.
7 Jul 2021 1 min

'n standbeeld vir Diana, prinses van harte

'n Standbeeld van Diana, ontslape prinses van Britanje word op wat haar 60ste verjaardag sou wees in die gesonke tuin van Kensingtonpaleis in London onthul. Haar twee seuns, Prins William en Prins Harry het in 2017 opdrag vir die standbeeld gegee - toe hulle nog met mekaar gepraat het. Koninklike…
30 Jun 2021 12 min

'Toe soen die prins haar sommer twee keer!'

'n Groot Suid-Afrikaanse vlag het tien jaar gelede langs die pad gepryk waar Engeland se Prins William en sy nuwe bruid, duisende mense gegroet het. Netwerk24 se eie Arlene Prinsloo het die vlag daardie dag in Londen laat wapper.
28 Apr 2021 16 min

'n Afskeid vol simboliek in Brittanje

'n Statige begrafnisdiens gestroop van oordaad is hoe Prins Philip van Brittanje se afskeid beskryf word. Desondanks was dit steeds 'n afskeid waarin simboliek 'n groot rol gespeel het, vertel Arlene Prinsloo van Netwerk24 wat regstreeks daaroor verslag gedoen het.
18 Apr 2021 8 min

Prins Philip se anderster begrafnisdiens

Koninklike protokol en tradisie moet die knie voor Covid-19-regulasies buig met die begrafnisdiens van Brittanje se prins Philip Saterdag. Is dié anderster begrafnis dalk tekenend van nog veranderinge wat vir die koningsgesin voorlê? Arlene Prinsloo, 'n webredakteur van Netwerk24, gee haar mening.
16 Apr 2021 15 min

RSG en herstrukturering by die SAUK

Magdaleen Krüger, hoof van Radio Sonder Grense, het op Spektrum, dié radiostasie se middagaktualiteitsprogram, gesê dit is fopnuus dat Afrikaans bedreig word deur herstrukturering by die SAUK.
20 Nov 2020 10 min