OFM OFM Agri

OFM Agri

Agricultural news stories as compiled by the OFM News team. Read more: https://www.ofm.co.za/Agriculture.
Daily Afrikaans South Africa News · Earth Sciences
309 Episodes
1 – 20

Fietsryers toets hul uithouvermoë ten bate van liefdadigheid

Dis die naweek, Sondag om presies te wees, die Argus fiets wedren in Kaapstad en die uithouvermoë en lang asems gaan behoorlik getoets word met die uitmergelende 109km al langs die Kaapse kus en Peninsula. Asof die afstand en tawwe opdraandes nie genoeg is nie, is daar diegene wat die…
7 Mar 2AM 2 min

Privaat-publiek vennootskappe vir landbou

President Cyril Ramaphosa het in sy Staatsrede verwys na die belangrikheid van publieke-privaat vennootskappe en die rol daarvan om die ekonomie te groei, ‘n gedagte wat oor die algemeen positief ontvang word. Die versugting vir die landbou is hoe die vennootskappe gestruktureer word. Agri SA adjunkpresident, Nicol Jansen deel sy gedagtes.
29 Feb 3AM 4 min

Die ironie van twee belangrike geleenthede

Gister het minister van finansies, Enoch Godongwana, die nasionale begroting aangekondig en in Bothaville by Nampo Park hou Landbouweekblad en Senwes ‘n konferensie wat met praktiese voorbeelde, oplossings vir die verval van die platteland soek. . Agri SA Adjunk-president Nicol Jansen, vertel van die ironie van die twee geleenthede wat…
22 Feb 2AM 4 min

Jaarlikse staptog om 'n plaas te red

Natuurrampe kom sporadies voor in Sentraal-Suid-Afrika. In sommige gevalle is die natuurramp van so aard dat dit gemeenskappe destabiliseer en ‘n humanitêre krisis veroorsaak. Ons dink aan die uitmergelende droogte van 2014 tot 2021/22 in sentraal en westelike Karoo gebiede. Oor die jare het Red-‘n-Plaas en nou Red-‘n-Gemeenskap ongelooflike goeie…
15 Feb 2AM 4 min

Agri SA: Midde-Ooste konflik kniehalter uitvoere

Die uitvoer van lewende hawe na die Midde-Ooste kry al meer die wind van voor. Die keer vanuit Australië met ‘n skeepsvrag lewende hawe wat moet terug keer vanweë die Israel-Hamas konflik. Dit kan negatiewe gevolge inhou ook vir die Suid-Afrikaanse kleinvee bedryf. Agri SA adjunkpresident, Nicol Jansen, deel sy gedagtes.
8 Feb 8AM 4 min

Minimumloonaanpassing weerspieël retoriek nie realiteit

Vrystaat Landbou meen die 8.5% aanpassing van die Nasionale Minimum Loon, soos dit onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is, heeltemal al uit voeling met die wat besighede tans ervaar. President Francois Wilken sê indien die 32% werkloosheidsyfer in ag geneem word, wil dit voorkom asof ekonomiese realiteite by die agterdeur…
5 Feb 4AM 1 min

Agri SA - wat ons by Franse boere kan leer

Die Franse boere is in ‘n stryd gewikkel met hul regering oor finansiele oorlewing van hul landbousektor en beskerming van die landelike ekonomie in Frankryk. So boere neem in groot getalle deel aan protesoptogte op die hoofweë rondom Parys, waar hul stadig bewegende trekkers die verkeer erg ontwrig en reuse…
1 Feb 12AM 4 min

Hou oog op weer met Agriseker Cumulus-verslag

Die Agriseker Cumulus-verslag word elke Donderdag op die Agriseker webwerf gepubliseer. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Dr. Johan Malherbe, Landbouweerkundige en Senior Navorser van die Landbounavorsinggraad, om meer uit te vind hierdie somer se weer.
26 Jan 1AM 9 min

Largest relocation of vultures in the world

Just over 160 vultures were relocated from the Hartbeespoort Dam area in the North West to the Eastern Cape, making it the largest relocation of these birds in the world. Dereck Milburn, WeWild Africa director, a non-profit organisation, says the importance and role that vultures play in nature is often…
25 Jan 11PM 14 min

Wenkbroue lig oor Eskom se slimmeterplan - hoe gemaak met landbou?

Die departement van openbare ondernemings, by monde van die minister Pravin Gordan, het onthul in 'n onlangse parlementêre vraag-en-antwoordsessie, dat 31 000 huise toegerus is met slim elektrisiteitsmeters teen 'n koste van R96-miljoen – wat nie eens een persentasiepunt van die verwagte begroting van R16-miljard is nie. So slim meters…
25 Jan 12AM 5 min

Vleispryse: hoender steeds duur, vark goedkoper

Afgesien van die wisselkoers en invoerprysbewegings sien ons nie veel verdere opwaartse prysbewegings oor die kort termyn nie, en van Januarie af kan ons weer moontlik laer pryse in die markte verwag,” se Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom aan die Noordwes-Universiteit.
19 Dec 2023 10PM 2 min

Hondsdolheid: feestydwaarskuwing uitgereik

Die department van landbou waarsku inwoners en vakansiegangers teen hondsdolheid in hoë-risiko areas tydens die feestyd. Hondsdolheid is veral algemeen in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap asook die grens tussen die Vrystaat en Lesotho. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die department het die kusgebiede van Kwa-Zulu Natal en die Oos-Kaap as…
18 Dec 2023 4AM 1 min

Agri SA adjunk gee jaareindboodskap

Met 2023 bykans uitgeloop en almal reg maak vir jaar afsluiting en die groot toemaak vir Desember fees seisoen, kan mens so bietjie terug kyk na 2023 as n landbou jaar. Agri SA adjunk-president Nicol Jansen gee 'n booskap aan landbouers.
14 Dec 2023 1AM 6 min

Boer meer presies met AgTech@NWK en hommeltuie

NWK bly aan die voorpunt van innovasie en tegnologiese vooruitgang met hommeltuie, oftewel drones wat deel van AgTech@NWK se produkreeks vorm. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Jacobus Claasens – Operasionele bestuurder van Agtech @NWK asook Roneldi van der Westhuizen - Landboukundige: Besigheidsontwikkeling.
13 Dec 2023 10PM 5 min

Produsente kyk na alternatiewe vir koringverbouing

Produsente kyk nou na altertiewe vir koring onder besproeiing. Dis volgens Agri SA adjunkpresident, Nicol Jansen. Sentraal-Suid-Afrika se besproeiingsgebiede is tans druk besig om koring te oes. Na verwagting gaan vanjaar se koringoes in Suid Afrika kleiner wees as verlede jaar en sal meer koring ingevoer moet word.
7 Dec 2023 1AM 4 min
1 – 20