Nuwe produksierisiko by soja

Loading player...
Vandag gesels ons bietjie oor sojaboonproduksie. Boere is tans besig om sojaboontjies te stroop en vanjaar kom ‘n verskynsel voor wat die kwaliteit van die oes beïnvloed, wat eintlik ongekend is. Boere het eintlik nog nooit dit as ‘n produksierisiko identifiseer by die beoordeling van die besluit op gewaskeuse nie. Dit is dat te veel soja boon pitte nie geel verkleur nie, maar groen van kleur bly. Wat gaan hier aan? OFM se Shandor Potgieter gesels met Agri SA adjunk-president Nicol Jansen om meer uit te vind.
18 Apr 2024 2AM Afrikaans South Africa News · Earth Sciences

Other recent episodes

Pannar Suksesverhaal: Stoffel Boshoff - Vennootskap met Pannar

Elke plaas het sy eie uitdagings, van grondvogbewaring tot die keuse van gewasse en basters wat by plaaslike toestande pas. Op Viljoenslaagte, waar die grond hoofsaaklik sanderig is, met sowat 20% klei, is die behoud van beskikbare vog ’n belangrike deel van Stoffel Boshoff se boerderybenadering. Hy wissel sy mielies…
19 Oct 9AM 2 min

Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die rol van ondersteuning wat net so belangrik is

Van genetika tot agronomiese kennis en ondersteuning, glo Pannar daarin om saam met boere te werk aan oplossings wat vertroue in besluitneming gee. Pannar Saad is ’n voorloper-saadverskaffer in Afrika, met ’n gefokusde portefeulje van toppresterende mielie-, sonneblom-, sojaboon- en graansorghumkultivars. Want wanneer dit by boerdery kom, gaan sukses oor…
14 Sep 5AM 3 min