Hoor hier

“Hoor hier” is Maroela Media se splinternuwe oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa Personal Journals
56 Episodes
40 – 56

‘My fluweelskild’

Luister saam na Lizz Meiring se rubriek, “My fluweelskild”, oor haar alter ego “Mega Me”.
11 Aug 2022 5 min

‘Eiesinnig’

“Jy het ʼn goeie, gesonde verstand gekry. Gebruik dit. Net dit. Wees onbeskaamd koppig, trots en eiesinnig. Maak staat op jou intuïsie, jou inbors en jou gene.”
4 Aug 2022 4 min

‘Huis-huis’

Ons almal het ʼn storie oor bouers! Luister saam na Lizz Meiring se rubriek, “Huis-huis”.
21 Jul 2022 4 min

‘Oorkook’

“Kalorieë, voedselallergieë, diabetes en cholesterol bestaan nie in die wêreld van hierdie superwesens nie. Om oor sulke dinge te praat is net so onsmaaklik as om sout oor jou kos te gooi.”
14 Jul 2022 7 min

‘Skaakmat’

“Wat op aarde veroorsaak hierdie makabere rituele? Tradisie, gewoonte, ʼn diepgesetelde gebrek aan beskawing?” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor kombuis- en ooievaarstees, en kinderpartytjies.
7 Jul 2022 6 min

‘Avontuur’

“Ek het ʼn nuwe gebed: Bewaar my van die avontuurlustiges. Hulle is tog so knaend dat almal hulle passie moet deel. Klouerig soos kathare aan ʼn swart jas.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor avonturiers en hulle horde foto’s.
30 Jun 2022 5 min

‘Die dag van môre’

“Eendag was daar ʼn vrou wat gʼn vrees geken het nie. Gʼn neuroses, gʼn pasops, gʼn fobies nie. Niks nie.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor ʼn vrou met ʼn persoonlikheidsversteuring.
23 Jun 2022 4 min

‘Op pad’

“Ek het al fassinerende karakters op vliegtuie ontmoet. Mense wat onbeskaamd binne ʼn japtrap vertel dat hul oom met hul suster getroud is, en wie nou oor watter afgestorwene se erfgoed baklei.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor haar ervarings op lughawens.
16 Jun 2022 6 min

‘In ʼn hoek gedruk’

“ʼn Imposante indringer hang halfmas teen die muurlys in die hoek teen my bed. Ek wou eers gil, soos wat daar van vroue verwag word as hulle ʼn spinnekop sien, maar ek was bang die ‘Arachnida’ skrik hom kaduks en kom skuil langs my onder die komberse.”
9 Jun 2022 4 min

‘Sneeuwitjie van die Vrystaat’

“Dit is juis die koffietafel waaroor die ongelooflike storie eintlik gaan, of eerder die inhoud van die koffietafel.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor oom Hendrik en sy glaskoffietafel wat opslae gemaak het.
2 Jun 2022 4 min

‘Kookpunt’

“Let’s face it. ʼn Kombuis was nog nooit my natuurlike habitat nie. Ek voel vreemd, verdwaas en skoon beduiweld wanneer ek daar instap.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor haar kombuis.
26 May 2022 6 min

‘Adriaan se papawers’

“O hel,” sê hy, “of miskien moet ek liewer sê o hemel. Daar’s ʼn trek in die kamer, nogal ʼn stewige een. Die papawer se blare val oor my. Ek lyk soos ʼn baie bleek bruid.”
19 May 2022 4 min

‘Wyse Elsie’

“Ware wysgere maak huise skoon, bring elke Saterdag hoop, en oorleef blymoedig.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor haar huishulp, “Wyse Elsie”.
12 May 2022 4 min

‘Ma-ligheid’

“Kom ons wees nou maar eerlik: Selfs die mees oopkop, oënskynlik rustige ma hou nooit op worry nie. Al is jou kinders groot en koppig selfstandig hou jy konstant jou hart vas.” Luister saam na Lizz Meiring se spesiale rubriek vir Moedersdag.
6 May 2022 5 min

‘’n Liegspieël asseblief’

“Ek maak weemoedig, maar steeds hoopvol, my honderdste draai voor die spieël. Die pasafgelewerde ontwerpersrok laat my lyk soos iets wat deur 'n doilie geduik het.”
29 Apr 2022 6 min
40 – 56