
OFM by Graan SA se NAMPO Oesdag 2022
OFM is weer eens trots om deel te wees van Graan SA se NAMPO Oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond. Dié landmerkgeleentheid op die Sentraal-Suid-Afrikaanse kalender word van 16 tot 20 Mei 2022 buite Bothaville in die Vrystaat aangebied ná ’n twee jaar lange onderbreking weens Covid-19-regulasies.