Maroela Media Fletcher, die perd

Fletcher, die perd

Fletcher is ʼn wit perd met bruin vlekke op. Hy woon op ʼn plaas by sy twee maats, Christiaan en Lallie, se pappa en mamma. Christiaan is nou 9 jaar oud met bruin hare en blou ogies. Lallie is 6 jaar oud met lang blonde hare en blou ogies.

Fletcher is geskep met die doel om kleingoed op ʼn geestelike vlak te verryk.

Fletcher is geskryf deur Cecile Schultz en word voorgelees deur Elana Barker in samewerking met Maroela Media en Solidariteit Helpende Hand se Tassie-projek.

Die boek is in 2008 gepubliseer deur Publiself uitgewers onder die naam: Fletcher Goeie Nuus Avonture – ISBN 978-1-920286-15-6
Afrikaans Read by Elana BarkerSouth Africa Kids & Family · Christianity Narrated by Elana Barker
13 Episodes

Fletcher is ontevrede

Fletcher is glad nie tevrede met homself nie! Lallie en Christiaan oortuig hom egter dat hy tog uniek en geliefd is.
Season 1 / Episode 1 7 min

Luister: Wie is ek, Fletcher?

Lallie loop met ‘n vraag rond en vra vir Fletcher: “Wie is ek, Fletcher?”. Gaan luister gerus wat is Fletcher se antwoord op Lallie se vraag.
Season 1 / Episode 2 9 min

Luister: Fletcher is bang

Lallie en Christiaan sien uit na ‘n vakansie wat voorlê, maar arme Fletcher is bang hulle besluit om nie terug te kom nie of sê nou net hulle verdwaal. Gaan vind gerus uit hoe Lallie en Christiaan vir Fletcher gerusstel om nie bang te wees nie.
Season 1 / Episode 3 9 min

Luister: Fletcher leer oor respek

Lallie en Christiaan is terug van hulle vakansie af en leer vir Fletcher wat die woord “respek” beteken. Gaan vind uit wat dié woordjie beteken.
Season 1 / Episode 4 7 min

Luister: Dawie Duif en die pers veldblommetjies

Eendag lank, lank gelede het Fletcher se vriend Dawie, ʼn pragtige grys duif, langs die pad gaan sit om te rus. Hy was baie dors en op soek na ʼn bietjie water. Voor hom sien hy toe die pragtigste pers veldblommetjies, maar toe hy met hulle begin gesels, vind hy…
Season 1 / Episode 5 5 min

Sysie Sywurm gaan dieretuin toe

Vandag deel Fletcher die avonture van Sysie Sywurm. Dié sywurmpie het tot saam met Christiaan dieretuin toe gegaan! Gaan vind meer uit oor Sysie Sywurm.
Season 1 / Episode 6 6 min

Mietsie Muis en Robbie Robot

Vandag vertel Fletcher vir die maats van Christiaan se robotmannetjie, Robbie Robot. Robbie se beste maatjie, Mietsie Muis het ook in die huis gewoon. Kom luister wat het eendag met hulle gebeur het.
Season 1 / Episode 7 7 min

Koerie en Zoerkie, die vissies

Kom ontmoet Fletcher se twee maatjies, die vissies, Koerie en Zoerkie. Hulle is beste maatjies. In vandag se storie leer ons hoekom dit belangrik is om eerlik te wees.
Season 1 / Episode 8 6 min

Bettie Bloublasie is hartseer

Fletcher se maatjie, Bettie Bloublasie, is baie hartseer. Kom vind uit hoekom sy so hartseer is en wat gebeur dat sy sommer weer ʼn vrolike bloublasie is.
Season 1 / Episode 9 7 min

Jazzie, die staffie-hondjie, en Kietsie

Vandag vertel Fletcher ons van Lallie se hond, Jazzie. Jazzie het ʼn baie spesiale maatjie, Kietsie, ʼn straatkatjie. Kom vind uit wat gebeur met Kietsie.
Season 1 / Episode 10 4 min

Uli, die slim uil

Fletcher vertel vandag van Uli Uil. Uli was nie sommer net ʼn uil nie. O nee, Uli was baie slim. Al die diere het altyd vir hom kom raad vra. Kom ontmoet vandag vir Uli Uil.
Season 1 / Episode 11 6 min

Dirkie Dassie speel wegkruipertjie

Fletcher vertel vandag van Dirkie Dassie. Dirkie se gunsteling speletjie was om wegkruipertjie te speel saam met sy maats. Gaan luister nou wat met Dirkie Dassie gebeur het toe hy eendag te ver weggedwaal het om ʼn wegkruipplek te soek.
Season 1 / Episode 12 5 min

Die horlosiemaker

Fletcher vertel vandag die storie van Luka. Luka het ʼn horlosie gehad wat hy by sy ouma gekry het. Op ʼn dag wou die horlosie nie meer werk nie en Luka was sommer baie hartseer.
Season 1 / Episode 13 6 min