Huisgenoot Huisgenoot Ware Lewensdramas

Huisgenoot Ware Lewensdramas

Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.
Weekly Afrikaans South Africa True Crime
25 Episodes
1 – 20

Episode 23: Phoenix Racing Cloud Theron vermoor haar ma

Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.
4 Dec 2023 34 min

Episode 19: Amanda du Toit vermoor haar suster

Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip.
6 Nov 2023 32 min

Episode 18: Huurmoord op Pofadder

Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.
26 Oct 2023 33 min

Episode 14: Die saak van Jannie Beukes

Toe Jannie Beukes en sy vrou, Helga, se huwelik op die rotste loop, het Jannie een Saterdagmiddag besluit dat daar vir hom en sy kinders net een uitweg is. In dié episode ondersoek ons die moontlike redes en motiewe wat iemand na die ondankbare kan dryf.
1 Oct 2023 28 min

Episode 13: Terreur in Palma

Vroeg in 2021 het ekstremiste op Palma toegeslaan en die lewens van verskeie Suid-Afrikaners is in ‘n oogwink handomkeer verander.
21 Sep 2023 29 min

Episode 12: Die sluipmoord van Anton Lubowski

Op 12 September 1989 is die apartheidsaktivis en menseregte-advokaat Anton Lubowski in ’n sluipmoordaanval dood. Meer as 30 jaar later is die familie se vrae nog onbeantwoord.
17 Sep 2023 32 min

Episode 11: Die Sizzlers-slagting

Een aand in Januarie 2003 het twee mans by ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad, ingestorm en nege mans koelbloedig vermoor. Ons herbesoek een van die grusaamste misdade in Suid-Afrika.
10 Sep 2023 29 min

Episode 9: Die Sondagverkragter

Jaco Steyn het tussen 2008 en 2011 ’n skrikbewind in Gauteng en Noordwes gevoer deur meisies te ontvoer en te verkrag.
27 Aug 2023 29 min

Episode 8: Die Knysna-brand

Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.
20 Aug 2023 30 min

Episode 7: Die moord op Anni Dewani

Die beweerde mislukte kaping wat die lewe van die pragtige bruid in Suid-Afrika geëis het, het skokgolwe wêreldwyd laat eggo. Vingers het na haar Britse bruidegom gewys as die meesterbrein agter die moord, maar dit is nooit bewys nie. Wie sou so iets aan die pragtige Anni Dewani wou doen?
13 Aug 2023 31 min
1 – 20