100.5FM Radio Laeveld Laeveld Ervaring

Laeveld Ervaring

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) beywer hulle vir die sakegemeenskap van die hele Laeveld. Operasionele beampte, Linda Grimbeek, hou 100.5FM-luisteraars op hoogte van die jongste verwikkelinge wat hul ondernemings raak.
Weekly English South Africa Business · Leisure Narrated by Linda Grimbeek
14 Episodes

KLCBT-toekennings 2023: Die wenners

Die wenners van die gesogte jaarlikse Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT)-toekennings is Vrydagaand aangewys. Linda Grimbeek vertel vir Robin meer.
25 Oct 2023 23 min

Uitdagings wag vir sake, toerisme in res van 2023

Hoe ervaar nuwe intrekkers aan die Laeveld hierdie plek, teenoor mense wat al jare hier woon? Robin en Linda bespreek dit, asook moontlike uitdagings wat vir die res van die jaar vir sake en toerisme in die Laeveld voorlê.
11 Oct 2023 33 min

Finaliste vir KLCBT-toekennigs 2023 bekendgemaak

In hierdie week se episode van Laeveld Ervaring maak die operasionele bestuurder van die Kruger Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT), Linda Grimbeek, die finaliste bekend vir vanjaar se toekennings.
5 Oct 2023 38 min

Innovering kan dienste na Kaapsehoop bring

Kaapsehoop ontvang reeds jare nie munisipale dienste nie. Dit kan egter binnekort verander. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel van 'n paar innoverende planne.
19 Sep 2023 32 min

Groot ontwikkeling beplan vir Graskop

Daar is planne om Graskop die middagete-sentra vir toerisme in die Laeveld te maak. "Kom ons maak Afrika-kos 'n bietjie funky," sê Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). "Ons glo Thaba Chweu-munisipaliteit is op die drumpel van verbetering," voeg sy by. Sy gesels met…
13 Sep 2023 29 min

Groot skoonmaak vir Sabie beplan

Toerisme is aan die toeneem en daarom word 'n groot skoonmaakaksie eersdaags in Sabie beplan. "Bring sommer die hele dorp," sê Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme vir Robin tydens hierdie week se episode van Laeveld Ervaring.
7 Sep 2023 26 min

P166 goedgekeur

Die langbeplande P166-pad is goedgekeur. Dit sal verkeer op die R40 tussen Mbombela en Witrivier verlig deur mense 'n direkte roete verby die dorpe te bied. Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê dit is nodig, omdat die R40 op 123% van sy kapasiteit…
30 Aug 2023 23 min

Laeveld Ervaring: Nuwe dinge in die pyplyn by KLCBT

Die operasionele bestuurder van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT), Linda Grimbeek, het 'n nuwe regterhand. Jodene Erasmus is nuut aangestel. Grimbeek sê die KLCBT se hele uitgangspunt is om toeganklik te wees, en Erasmus sal daartoe bydra.
10 Aug 2023 35 min

Oorlog teen vragmotors werp vrugte af

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) word nou (nie-amptelik) as die beste in die land beskou. Linda Grimbeek sê hulle is ook die derde grootste met slegs Durban en Johannesburg wat meer lede het. Die geheim is dat die KLCBT die enigste kamer is wat op streeksvlak…
26 Jul 2023 24 min

Laeveld Ervaring: Inskrywings vir KLCBT-toekennings 2023 is oop

Die ding van die mens is dat hulle aanpasbaar is, en plaaslike sakemense moet aanpas en vernuwe. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) tydens Laeveld Ervaring. Sy gesels met Mireille oor toerisme, veiligheid en die jaarlikse toekennings wat om die draai…
18 Jul 2023 24 min

Laeveld Ervaring: Ehlanzeni ontwikkelingsprojek

Die Ehlanzeni ontwikkelingsprojek is gegrond op die rewolusionêre idee dat ontwikkeling en beplanning op 'n distriksvlak moet gebeur - eerder as plaaslik of provinsiaal. Linda Grimbeek van die KLCBT gee 'n opdatering oor hoe die plaaslike loodsprojek vorder.
12 Jul 2023 30 min

Laeveld Ervaring: Plan met Komati-vragmotors, Barberton-vliegveld

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) maak planne sodat verkeersbeamptes na-ure ook werk om die opeenhoping van vragmotors onderweg na die Lebombo-grenspos in Komatipoort op te los. Barberton Mines het ook die ou Barberton-vliegveld gekoop, en is op soek na ‘n vennoot om dit weer tot volwaardige…
5 Jul 2023 17 min