MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
336 Episodes
180 – 200

Episode 79: Jaco Gerrits Onderhoud 2

Hierdie man is ver voor sy tyd en 'n massiewe aanwins vir entrepreneurskap in Suid-Afrika. Een van sy baie suksesvolle besighede is Crashdetech, wat gelei het daartoe dat hy aangewys was as Sosiale Entrepreneur 2016. Verder is hy ook 'n model en Ambassadeur vir Biogen...brains en 'n sixpack! Webwerf
27 Jun 2018 1 hr 12 min

Episode 78: Willim Welsyn

Willim is ‘n mede Potgooi Pionier wat onlangs geskiedenis gemaak het toe sy potsending, WAT, ‘n ATKV- mediaveertjie gewen het. Dis die eerste keer ooit dat ‘n onafhanklike potsending die toekenning wen WAT histories net vir radio omroepers beskore was. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH…
20 Jun 2018 1 hr 28 min

Episode 77: Deonne le Roux

Deonne le Roux het die Old Mutual National Retail Revolution toekenning vanaf 2002 al agt keer gewen vir sy juwelierswinkel. Ons praat veral oor hoe belangrik kompetisie vir enige besigheid is en wat met sy besigheid gebeur het toe hy die meeste van sy kompetisie se deure toegemaak het. Fassinerende…
13 Jun 2018 1 hr 10 min

Episode 76: Leilani Kuter

Leilani se positiewe energie en houding is aansteeklik! Haar nuutste besigheid, Date Night SA, het al amper 200,000 Facebook volgelinge. Kom luister hoe alles begin het en meer belangrik, hoe sy die wêreld 'n beter plek maak vir elke R1 wat sy verdien. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons…
6 Jun 2018 1 hr 15 min

Episode 75: Francois van Niekerk

Die biljoenêr wat nie een is nie. My belangrikste en kragtigste onderhoud nog. Francois is die stigter van die Mertech Groep wat bestaan uit 200 maatskappye en die Mergon Foundation wat elke jaar meer as R100 miljoen aan Christen liefdadigheidsorganisasies skenk. Hy is oa die mede-stigter van die Atterbury Groep…
30 May 2018 2 hr 05 min

Episode 74: Helmi Müller

Helmi is die stigter en CEO van Blackland Industries wat fokus op die ontwikkeling van premier huise...huise van so R30 miljoen! Sy entrepreneuriese reis is 'n inspirerende storie van laagte punte, 'n kleintyd vriend wat aansluit en natuurlik hulle volgehoue ontwikkeling en suksesse. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons…
23 May 2018 35 min

Episode 73: Julie Venter

Sekerlik een van my gunsteling onderhoude hierdie jaar. Ons gesels bietjie koffie. Kom hoor hoe sy haar mobile koffiebesigheid begin het. Asook die krag van ‘n selfbetalende bemarkingstrategie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
16 May 2018 46 min

Episode 72: Charl Oberholzer

Kom luister hoe Charl sy natuurlike kreatiwiteit gefokus het ten einde sy eerste T-hemp handelsmerk, De Afrikander, te omskep in ‘n suksesvolle kleinhandel winkel, De Afrikander Handelshuis, wat gefokus is op die internasionale toerismebedryf. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
9 May 2018 35 min

Episode 71: Bernie van Niekerk

Ek sal heeldag lank met hierdie interessante man kan gesels. Bernie is die stigter en CEO van Commerce Edge en ‘n e-Procurement pionier. Hulle is die grootste speler wanneer dit by opleiding, publikasie en konferensies kom, aangaande Aankope en Aankopers. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH…
2 May 2018 54 min

Episode 70: Ettiene Pretorius

Ettiene Pretorius is ‘n baie suksesvolle en unieke entrepreneur, met vars en soms kontroversiële idees. Min mense kan egter spog dat hulle al twee keer deur Richard Branson genooi is om tyd te spandeer op sy eiland, Necker. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
25 Apr 2018 1 hr 10 min

Episode 69: Gareth Cliff

Gareth Cliff het ‘n Afrikaner bloedlyn wat die meeste Afrikaners jaloers sal laat bv. Piet Retief en die vader van Afrikaans, Gustav Preller. Luister na hierdie baie interessante onderhoud, veral ons gesprek oor die stand en toekoms van Potgooie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
18 Apr 2018 59 min

Episode 68: Die manne van EXAH

EXAH is nie net ons nuwe borg nie, maar ook deskundiges wat huidiglik groot besighede se prosesse en sisteme drasties verbeter, wat lei tot 30% PLUS groei vir die betrokke besighede. Kom luister hoe doen hulle dit. Webwerf
12 Apr 2018 1 hour

Episode 67: Theo Vorster Onderhoud 2

TV aanbieder, spreker en uitvoerende hoof van Galileo Capital, Theo Vorster, gesels met my oor die mites van Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die groei geleenthede wat dit Afrikaanse besighede bied. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg. Webwerf
9 Apr 2018 32 min

Episode 66: Portchie Viljoen

Portchie is ons eie Afrikaner Picasso. ‘n Vrystaat seun met ‘n sterk entrepreneuriese agtergrond. Kom luister bietjie hoe die besigheid van kuns werk. Webwerf
28 Mar 2018 56 min

Episode 65: Klipkouers en CliffCentral

Uiteindelik is die Klipkouers wiel weer ernstig aan die rol, maar hierdie keer vanaf die CliffCentral ateljee in Sandton! Kom luister bietjie wat aan die gebeur is en waarheen ons oppad is! Webwerf
28 Mar 2018 12 min

Episode 64: Jan-Hendrik Oosthuizen

Jan-Hendrik Oosthuizen is die stigter en uitvoerende hoof van 'n kreatiewe agentskap genaamd Etiket, wat op 'n kreatiewe manier kompeteer in die advertensie industrie. Webwerf
7 Feb 2018 33 min

Episode 63: Sonja Smith

Sonja Smith is die stigter van Sonja Smith Funeral Group wat al verskeie besigheidtoekennings verower het. ‘n Gereelde gas op radioprogramme soos RSG en Jacaranda, het sy vrou-alleen nuwe lewe in ‘n baie moeilike en persoonlike industrie ingeblaas. Webwerf
16 Jan 2018 37 min

Kersboodskap 2017

Hoogtepunte van die Klipkouers Potgooi 2017. Hoop jy het 'n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2018! Webwerf
23 Dec 2017 12 min

Episode 62: Potgooi Pioniers

Moet nie hierdie BAIE spesiale en unieke episode mis nie! Ek gesels met vier mede Afrikaner Potgooi’ers wat al langer as ‘n jaar hierdie ongelooflike digitale medium probeer tem. Ons gesels oor die goeie, slegte en natuurlik die Miljoen Rand vraag: “Hoe maak mens geld met ‘n potgooi?” Die manne…
7 Dec 2017 2 hr 22 min

Episode 61: Theo Vorster

Theo Vorster is uitvoerende hoof van Galileo Capital en TV aanbieder en spreker oor beleggings en politiek-ekonomiese vraagstukke. Webwerf
9 Oct 2017 34 min
180 – 200