MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
336 Episodes
220 – 240

KPS Episode 6: Ina Paarman

Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheids idees en advies! Webwerf
5 May 2017 25 min

Episode 55 (Deel 2): Ina Paarman

In deel twee van my gesprek met die legendariese Ina Paarman brei ons verder uit oor die groei van die besigheid en watter stappe geneem is om hierdie trots Suid-Afrikaanse produk die wêreld in te stuur. Webwerf
27 Apr 2017 11 min

Klipkouer Kragklont: Ina Paarman Bonus Vraag 2

Verlede week kon julle deel 1 van my potgooi met Ina Paarman luister – hier is ‘n voorsmakie van deel 2 van my gesprek met sekerlik een van die bekendste handelsname in Suid-Afrika! Webwerf
25 Apr 2017 2 min

Episode 55 (Deel 1): Ina Paarman

Kyk, Afrikaners hóú van goeie kos. Wat is nou lekkerder as om saam met die gesin aan’t tafel te sit en kuier terwyl almal aan ‘n heerlike, tuisgemaakte bord boerekos smul? Webwerf
20 Apr 2017 25 min

KPS Episode 5: Johan Stemmet

Dis ongelooflik om te luister as ‘n suksesvolle besigheidsman en ikoon soos Johan Stemmet oor sy loopbaan en sukses gesels – nederig en plat op die aarde, maar steeds passievol na al die jare. Webwerf
12 Apr 2017 21 min

Episode 54 (Deel 2): Johan Stemmet

In deel twee van my potgooi met Noot vir Noot vervaardiger en aanbieder Johan Stemmet gesels hy verder oor die unieke proses om ‘n episode op die kassie te kry – dis vreeslik interessant en bevat waardevolle lesse oor uithouvermoë, geduld en vernuwing. Webwerf
6 Apr 2017 24 min

Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 2

Dis amper tyd vir deel twee van my onderhoud met sekerlik die bekendste Afrikaanse televisiepersoonlikheid van ons tyd – Johan Stemmet! Nederig. Aangenaam. Ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad. ‘n Gedugte kombinasie, en ‘n resep vir ‘n briljante potgooi! Webwerf
4 Apr 2017 2 min

Episode 54 (Deel 1): Johan Stemmet

Wat ‘n wonderlike voorreg om met ‘n Suid Afrikaanse ikoon te kon gesels! Behalwe dat Johan Stemmet ‘n baie nederige en aangename mens is, is hy ‘n ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad en boonop self ‘n baie suksesvolle besigheidsman. Webwerf
30 Mar 2017 22 min

Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 1

Sekerlik elke Afrikaner ken vir Johan Stemmet en het al ten minste één keer in hul lewens die mees suksesvolle Afrikaanse televisieprogram, Noot vir Noot, gekyk. Wie sal ooit daai snoesige Saterdagaande saam met die gesin voor die televisie kan vergeet? Webwerf
29 Mar 2017 2 min

KPS Episode 4: Johan Eksteen

Die beste manier om te leer is by die bestes, en ons vorige potgooi bevat ‘n onderhoud met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen – Klipkouers ontleed sy fassinerende storie en bekyk verskeie faktore wat die kern vorm van moderne entrepreneurskap. Webwerf
24 Mar 2017 22 min

Episode 53: Johan Eksteen

Hierdie week gesels Klipkouers met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen. Sy besigheid, Agricon Pelleting, vervaardig verpillingstoerusting en is tans ‘n wêreldleier in hierdie bedryf. Die dryfveer agter Agricon is om gedurig nuwe oplossings te vind en waarde vir sy kliënte toe te voeg. In Johan se wyse…
16 Mar 2017 35 min

KPS Episode 3: Antoinette Badenhorst

Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies! Vandag gesels ons oor aanlyn kursusse en –opvoeding en hoe dit besig is om ou-wêreldse denkwyses onherroeplik te verander – en dis ‘n baie goeie wending! Deur hierdie middele te…
9 Mar 2017 18 min

KPS Episode 2:  Pieter Kruger

Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel KPS, waar addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede-entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS Episode 2 is dan uit my onderhoud met professor Pieter Kruger van Cognacity UK. Webwerf
23 Feb 2017 21 min

Episode 51: Pieter Kruger

Pieter Kruger is ‘n kliniese sielkundige wat tans in Londen praktiseer onder die vaandel van Cognacity UK, waar hy onder andere met  wêreldklas sportspanne werk. Webwerf
16 Feb 2017 25 min
220 – 240