MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
336 Episodes
300 – 320

Episode 30: Magdaleen Kleynhans

Ek is Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel. Senbel is ʼn besigheid wat vier jaar gelede begin is nadat ek, my man en kinders ons in Orania kom vestig het. Senbel is daarop gefokus om telefoniese diens in Afrikaans te lewer. Webwerf
5 Aug 2016 21 min

Episode 29: Marlene Oosthuizen

Marlene Oosthuizen is die stigter en prinsipaal van die privaat mode kollege, NorthWest School of Design, waar hulle van SA se top modeontwerpers produseer. Webwerf
29 Jul 2016 22 min

Episode 28: Mias van Vuuren

Mias van Vuuren is die eienaar van Soapbox Promotions & Gifts. Hulle verskaf korporatiewe klere en geskenke en is een van die grootste verskaffers in Suid-Afrika. Webwerf
21 Jul 2016 31 min

Episode 27: Iaan van Niekerk

Iaan van Niekerk van Skitterblink Skoonmaakdienste is ʼn konsessiegewer van binnelandse kommersiële skoonmaakdienste in Pretoria, Suid-Afrika. Webwerf
15 Jul 2016 18 min

Episode 26: Karin Metz

Karen Metz is die uitvoerende direkteur van die BNI-Tshwane-streek. BNI (Business Network International) is die grootste besigheidverwysingsnetwerkgroep in die wêreld. Sy het in 2015 sowat 300 besigheideienaars gehelp om meer as 64 miljoen rand se besigheid onder mekaar te verwys. Webwerf
7 Jul 2016 25 min

Episode 25: Louis van der Watt

Louis van der Watt is die medestigter en dryfkrag agter die internasionale eiendomsontwikkelaars groep, Atterbury wat onlangs die grootste winkelsentrum in Afrika gebou het nl. The Mall of Africa in Gauteng. Webwerf
30 Jun 2016 31 min

Episode 24: Stefan van der Walt

Diens is die wagwoord vir suksesvolle besigheid. Besigheid gaan nie net oor geld nie; jy moet ook ‘n verskil in mense se lewens wil maak Webwerf
23 Jun 2016 30 min

Episode 23: Vicky le Roux

Vicky le Roux, eienaar van Chicaco Pizza in Vail Colorado vertel my van die uitdagings van 'n seisoenale besigheid. Webwerf
17 Jun 2016 26 min

Episode 22: Theo van den Berg

In vervaardiging moet jy nie oorhaastige besluite neem nie, want dit sal jou duur te staan kom sê Theo van den Berg, stigter van Dala Wood. Webwerf
10 Jun 2016 25 min

Episode 21: Wouter Snyman

Wouter Snyman, stigter van die Attooh-groep, is die nommer een Discovery finansiële groep in Suid-Afrika. Hy spoedlees 'n besigheidsboek per dag, maar maak seker dat hy elke nuwe "nugget" toepas in sy besigheid en persoonlike lewe. Webwerf
2 Jun 2016 30 min
300 – 320