MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
336 Episodes
320 – 336

Episode 20: Jaco du Plessis

Jaco du Plessis is in die brandvoorkoming besigheid. “Ontleed jou mark en maak kontak met die regte mense sê hy. Op hierdie manier sal jou besigheid kan floreer.” Webwerf
27 May 2016 31 min

Episode 19: Anesia Darne

Anesia Darne vertel my van die belangrike rolle wat Tripadvisor, ligging en musiek in haar restaurant speel. Webwerf
20 May 2016 26 min

Episode 18: Heini Booysen

Heini Booysen is die mede-stigter van die innoverende en vinnig groeiende aanlyn kos bestellings diens, OrderIn Webwerf
13 May 2016 37 min

Episode 17: Francois Retief

Francois Retief is die mede-stigter van Iono.fm, wat ‘n innoverende “hosting” platform is vir potsendings soos bv. die Klipkouers Potgooi, RSG, BBC, Duitse Radio en vele ander. Webwerf
5 May 2016 36 min

Episode 16: Adele Walker

Adele Walker vertel my hoe haar behoefte aan mede Suid-Afrikaners gelei het tot die stigting van haar promosies en gebeure besigheid in die VK, SAFFAevents. Webwerf
29 Apr 2016 22 min

Episode 15: Cerita Nagy

Cerita Nagy gesels met my oor haar kleintyd passie vir ontwerp asook haar passie vir die ontwikkeling van sakevroue wat gelei het tot die stigting van haar ontwerp besigheid en haar rol as Nasionale President van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue. Webwerf
21 Apr 2016 32 min

Episode 14: Christo Henning

Ek gesels met, Christo Henning van Leon's Motors, in Rustenburg, waar hy onder andere verduidelik hoekom ‘n kar se handelsmerk nie so ‘n groot rol speel in verkope as wat mens dink nie. Webwerf
14 Apr 2016 21 min

Episode 13: Pieter Cilliers

Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas. Hy gesels met my onder andere oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ‘n nuwe besigheid in Texas te vind en suksesvol te vestig. Webwerf
7 Apr 2016 31 min

Episode 12: André van den Berg

ABD USA Enterprises voer Amerikaanse karre en motorfietse wêreldwyd uit. Stigter, André van den Berg, gesels met my onder andere oor sy loopbaan as motorfiets-renjaer, $17 in sy sak, toilette skoonmaak tot die heel eerste motorfietsveiling in die VSA. Webwerf
31 Mar 2016 18 min

Episode 11: Tania Vermeulen

Mousetrap Cheese is ’n besigheid in Kaapstad wat kaas verskaf aan restaurante en lugdienste. Tania Vermeulen, is die dryfkrag agter dié besigheid. Sy gesels met Klipkouers oor onder meer eerlikheid met kliënte en hoe emosionele betrokkenheid by personeel.  
25 Mar 2016 36 min

Episode 10: Tiaan de Jager

Tiaan de Jager, stigter van Medifin en Greenfin, gesels met my oor sy innoverende, webgebasseerde finansieringsdienste besigheid en onder andere hoe sy verskaffers strategiese vennote is wat bydrae tot lae koste verkope in sy besigheid.
18 Mar 2016 34 min

Episode 5: Len Fourie

Len Fourie, is die breinkrag agter stads- en streeksbeplanning firma Macroplan. Len gesels met my oor hoe ekonomiese probleme, byvoorbeeld die krag krisis, onvoorsiene voordele vir SA besighede kan inhou en hoe sy kleintyd passie gelei het tot suskes is sy beroep.  
11 Feb 2016 29 min

Episode 4: Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie

Kom luister na my eerste en ROWWE aangesig tot aangesig onderhoud met die legende agter die baard, Meyer le Roux. Waar ons onder andere gesels oor die herkoms van Buffelsfontein, die toekoms, Generaal de Wet en baard toupees!  
4 Feb 2016 23 min

Episode 3: Jakes Maritz

Expat Explore is ’n besigheid in Europa wat gemiddeld 13,000 toere per jaar reël. Die Suid-Afrikaner, Jakes Maritz, is die dryfkrag agter dié besigheid. Hy gesels met Klipkouers oor onder meer hoe om mense aan te stel en hoe jy foute moet hanteer.  
1 Feb 2016 37 min

Episode 2: Paul Vorster

Die breinkrag agter die ingenieursfirma Van Zyl en De Villiers in Engeland, Paul Vorster, gesels met Klipkouers oor vriendskap en besigheid, asook innoverende denke in die besigheidskonteks.  
25 Jan 2016 31 min

Episode 1: Kobus Wiese – Rugby legende en koffiekoning

Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels met nog 20 tot 25 internasionale koffiewinkels in…
18 Jan 2016 29 min
320 – 336