Soektog afgeskaal na vrou glo by Alzu ontvoer is

Loading player...
Die soektog na ‘n vrou wat Dinsdag glo by Alzu op die N4 ontvoer is, gaan voorlopig gestaak word.
‘n Ooggetuie voer aan dat vier mans die vrou aangeval en in ‘n groen Golf ingedwing het. Hulle het ook met haar eie kar in Middelbirg se rigting gevlug.
Veiligheidsgroepe wat sedertien na haar soek kan geen spoor van haar kry nie.
Volgens Bossies Community Justice se Albert Gryvenstein het die ondersoek nog niks opgelewer nie.
25 Feb 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min