Voortvlugtige aangekeer na hy homself skiet

Loading player...
‘n Voortvlugtige man is gister gearresteer nadat hy homself geskiet het, in ‘n huis waarin hy ingebreek het.
Die 31-jarige verdagte is op 19 Februarie deur ‘n polisiebeampte ingeneem vir ondervraging na ‘n vrou in Dullstroom doodgesteek is.
Hy het die lid van sy dienspistool beroof en gevlug.
Die man het Sondag by ‘n huis ingebreek. Die eienaars het hom daar aangetref en hy het homself met die wapen geskiet.
Die polisie is ontbied en die verdagte is hospitaal toe geneem.
Hy word ook verbind met twee rooftogte in Dullstroom.
Volgens brigadier Leonard Hlathi sal die man in die hof verskyn sodra hy genoegsaam herstel het.
1 Mar 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min