NHS maak 'n plan vir atlete se deelname

Loading player...
Hoërskool Nelspruit se jaarlikse BUCO-interhuisbyeenkoms het verlede week vir uithaler-vertonings gesorg.
Vanjaar was die Atheners in beide die seuns- en meisiesafdeling, te sterk vir die Trojane en Spartane.
Christo Nel en Nicci Viljoen is as die victor en victrix Ludorum onder-19 aangewys.
'n Hele paar atlete spog ook met nuwe interhuisrekords.
Ashley Erasmus (o.16) het nuwe rekords in gewigstoot en skyfwerp opgestel.
Haar gewigstoot was die algehele beste prestasie van die dag, volgens die ASA-puntetabel.
DP Badenhorst, sportspesialis, atletiek, by die skool, verduidelik dat interskole-byeenkomste tans nog verbied is.
Hulle kan wel deelneem aan byeenkomste deur ASA-klubstrukture.
2 Mar 2021 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min