Mpumalanga-Valke trek twee vas vir vermeende bedrog, diefstal

Loading player...
Twee mans het Maandag in die die hof in Nelspruit verskyn op klagte van bedrog en diefstal, na hulle deur die Valke in hegtenis geneem is.
Mlungisi Collen Nkosi het glo in Junie 2017 vervalste IRP5-dokumente aan die inkomstediens gelewer names sy maatskappy, Dlami Trading.
Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het dit die SAID sowat nege-honderd en vyftig-duisend-Rand gekos.
Hy is borgtog van twintig-duisend-Rand toegestaan en moet weer op 16 Maart in die hof verskyn.
‘n Prokureur, Themba Daniel Mabunda, het ook verskyn vir vermeende diefstal.
Hy het glo in Junie verlede jaar ongeveer drie-honderd-en-tien-duisend-Rand uit sy regsfirma se trust-rekening gesteel.
Hy is borgtog van tien-duisend-Rand toegestaan.
9 Mar 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min