Hoërskool verkies nuwe beheerliggaam

Loading player...
Hoërskool Nelspruit het die week hul nuwe skoolbeheerliggaam verkies.
‘n Totaal van drie-honderd-en-sestig ouers het hul kruisies getrek om die lede te verkies wat tot 2023 in hul amp sal dien.
Louis van der Nest is weer as die voorsitter aangewys.
Hy sê al die lede doen dit uit liefde vir kinders. Hy glo ook die nuwe manier van skoolgaan is goed vir die leerlinge.
Die meeste ander plaaslike skole moet nog hul beheerliggaamverkiesings hou tot die einde van die maand.
18 Mar 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min