In jou huis-konserte skop af met Jo Black

Loading player...
Innibos is nie van die baan vir 2021 nie, maar sal definitief nie soos gewoonlik in Junie plaas kan vind nie.
Volgens Sandra Jacobs, bemarkingbestuurder van die kunstefees, hoop hulle om dit voor die einde van die jaar te kan aanbied - mits beperkinge op groepsbyeenkomste opgehef word.
Intussen hou hulle bietjie-bietjie Bos.
In samewerking met Radio Laeveld sal ses huiskonserte oor die volgende ses maande in die Laeveld aangebied word wat lewendig op die radio uitgesaai sal word.
Eerskomende naweek skop dit af met Joe Black regstreeks op Radio Laeveld 100.5FM. Die uitsending begin om 19:00.
23 Mar 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min