Dogtertjie dood in Malalane ongeluk

Loading player...
‘n Klein dogtertjie is vanoggend in ‘n motorongeluk dood nadat die kar waarmee sy op pad was skool toe, in ‘n botsing betrokke was.
Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid, het bevestig dat die twee voertuie in dieselfde rigting op die N4 in die rigting van Malalane gery toe hulle naby die Caltex-vulstasie sydelings gebots het. Dit het in die omgewing van sewe-uur gebeur.
Sy is op die toneel dood. Dit is onbekend hoe oud sy was.
Volgens Mmusi was hulle in verskillende skole.
Twee van die kinders is ernstig beseer en hospitaal toe gehaas
8 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min