Moordondersoek land drie in hof op ou klagte

Loading player...
Drie mans het Dinsdag in die hof verskyn op dekade-oue klagtes wat heringestel is.
Volgens die Valke is Elliot Sindane, Elvis Mlimi en Mabuthi Khoza in 2011 aangekeer vir onwettige jag, onwettige besit van vuurwapens, handel in renosterhoring en betreding.
Kaptein Lloyd Ramovha voer aan twee sake is in 2012 onder twyfelagtige omstandighede van die hofrol geskrap.
Dit is heringestel na 'n ondersoek na die moord op luitenant-kolonel Leroy Bruwer 'n jaar gelede.
Die drie moet weer op 17 Mei verskyn.
8 Apr 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min