Shongwe-kosskool benodig meer plek vir leerlinge

Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê daar is ‘n tekort aan koshuise vir al die kinders by Shongwe-kosskool.
Hy het vandag by die skool in Nkomazi besoek afgelê.
Volgens Majuba moet meer verblyf verskaf word, as fase twee van die kosskool se ontwikkeling.
Die vier regerings-kosskole in Mpumalanga is gebou om kinders uit landelike omgewings van goeie opvoeding te voorsien.
Shongwe het tans 812 leerlinge van graad R tot 12.
Die skool behaal reeds die afgelope vier jaar ‘n matriekslaagsyfer van meer as 90 persent.
13 Apr 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min