NHS-atlete wen 'n hele handvol medaljes by SA's

Loading player...
Die tien Nellies-atlete wat Mpumalanga vanjaar by die SA-atletiekbyeenkoms in die Paarl verteenwoordig het, het die naweek ‘n allemintige vyf medaljes gewen.
Ashley Erasmus het ‘n eerste plek behaal in die skyfwerp, meisies onder 18, met ‘n gooi van 48-punt-twee-meter. Sy het ‘n silwer medalje gewen in gewigstoot.
Handré van der Merwe het brons gewen in beide die 110-meter en 400-meter-hekkies seuns onder agtien.
Shanese de Clerck het haar eie rekord van 5-punt-vier-vyf-meter in verspring verbeter om derde te eindig.
Nolwazi Mashaba, wat verlede jaar in Lowveld High was, het goud in driesprong en silwer in verspring behaal. Rob Ferreira se Junior Mondlane was derde in verspring met 'n afstand van 7,46 m.
14 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min