Jong ma van Bosbokrand vermis

Loading player...
‘n Drie-en-twintig-jarige vrou van Violet Bank naby Bosbokrand word vermis.
Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli is Memory Mashele tussen Vrydagaand en Saterdag by die huis weg, sonder om haar gesin te sê waarheen sy gaan.
Die ma van drie is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld.
Enigiemand met inligting is gevra om kaptein Evans Mashego te kontak by 082-469-2702. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
15 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min