Nasionale valskermsweef-kampioenskappe die naweek in Barberton

Loading player...
Die nasionale valskermsweef-kampioenskappe skop Sondag in Barberton af.
Anton Naudé, een van die organiseerders, verduidelik dat die weeklange kompetisie elke tweede jaar in Barberton aangebied word.
Dit is gewoonlik in die winter, maar is vanjaar vroeër om die legendariese, ontslape, Andrew Smith te vereer.
Valskermswewers van regoor die land kan by die kompetisie punte verdien om vir die wêreldkampioenskappe te kwalifiseer wat November in Argentinië plaasvind.
Toeskouers is natuurlik welkom. Naudé verduidelik:
19 Apr 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min