Polisie veroordeel oproerigheid by Piet Retief-hof

Loading player...
Die polisie het die oproerige gedrag gister by die hof in Piet Retief veroordeel waar vyf moordverdagtes wat beskuldig word dat hulle twee broers vermoor het, se borgaansoek begin het.
Daniel Malan, Cornelius Greyling, Othard Klingenberg, Ignatius Michael Steynberg en Zenzele Yende word aangekla dat hulle Zenzele en Amos Coka op 9 April op die plaas Pampoenkraal doodgeskiet het.
Volgens kolonel Donald Mdhluli is daar Maandag skade aan verskeie eiendomme aangerig. 'n Man is glo ook gesteek.
Die polisie het skokgranate afgevuur. Die borgaansoek gaan vandag voort.
20 Apr 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min