Bertie du Plessis
--:--
Die bekende digter, dramaturg en bloemleser Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 gebore in KwaZulu-Natal. Om sy honderdste geboortedag te vier, bied die Departement Afrikaans en Nederlands op Stellenbosch ’n spesiale aand aand aan in die Wilcocks-gebou op Stellenbosch se onderste saal, waar Opperman altyd klas gegee het. Die aand bestaan uit ’n interessante kaleidoskoop oor die mens Opperman, met twee van sy dogters en ’n hele reeks vooraanstaande skrywers en dosente of ouddosente wat staaltjies en belewenisse kom meedeel van hulle persoonlike ervaring met Opperman as pa, mentor en dosent. Met dank aan Stefan Els vir die keurige youtube-video en Jacques Ensink vir die pragtige foto's.