Adjunkminister lig Makhonjwa se geologiese belang uit tydens besoek

Loading player...
Adjunkminister van toerisme, Fish Mahlalela, het tydens ‘n twee-dag besoek aan die area verlede week die Makhonjwa-bergreeks, besoek om plaaslike toerisme te bevorder om die bedryf te probeer red.
Hy sê daar is nog nie finaliteit oor presies hoe om die Wêreld-erfenisgebied maksimaal aan te wend as toerisme-aantreklikheid nie.
Die MTPA moet nog met dié konsep opkom.
Mahlalela sê wel dat die area se geologiese belang 'n fokusarea behoort te wees.
3 May 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min