R40 steeds gesluit na transito-roof-poging

Loading player...
Die R40 sal na verwagting tot ongeveer twee-uur vanmiddag gesluit bly, na ‘n aanval op ‘n G4S-geldwa vanoggend tussen Mbombela en Barberton.
Twee wagte is in die skietgeveg gewond en hospitaal toe geneem. Die aanvallers het hul voertuie op die toneel agtergelaat en twee voertuie gekaap om te vlug. Dié motors is intussen teruggevind, aldus Bossies Community Justice se Albert Gryvenstein.
Dit is bevestig dat die aanvallers met geen kontant weggekom het nie.
6 May 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min