IV Bar 'n eerste vir die Laeveld

Loading player...
In ‘n eerste vir die Laeveld – en enigste vir Mpumalanga – het die IV Bar hierdie maand hul deure in I’langa Mall geopen.
Keri Rudolph het sowat drie-en-‘n-half jaar gelede saam met Russell Sachs die IV Groep begin. Susters Desiré en Yolandi Oosthuizen is die mede-eienaars van IV Bar I’langa.
Jy sit op gemaklike banke, geniet ‘n koppie koffie terwyl jy drup, kan televisie kyk of musiek luister), in ‘n privaathokkie sit, of saam met ‘n vriendin kom en selfs vergadering kom hou.
“Die hele ervaring moet wonderlik wees, dit gaan nie net oor die gesondheidsvoordele wat dit in hou nie,” sê Rudolph.
Dit is ook uitstekend vir mense wat van Covid-19 herstel.
10 May 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min