Valke soek steeds na hoofverdagte in Barberton-mynbedrogsaak

Loading player...
Die Valke is op soek na die hoofverdagte in die 1,1-miljoen-rand Barberton-mynbedrogsaak, Simphiwe Sangwenyi.
'n Voormalige administratiewe klerk, Bhekinkosi Fana Madonsela, is verlede week vyf-duisend-Rand borg toegestaan.
Volgens Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Madonsela en sy medebeskuldigde, Precious Nontobeko Magongo, glo onregmatige betalings van onderskeidelik 300-duisend-Rand en amper ‘n halfmiljoen-Rand ontvang.
Hulle sal op 12 Julie saam in die hof verskyn.
Sangwenyi was ‘n finansiële administrateur by die myn.
17 May 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min