Hazyview-inwoners besorg oor weghol-swaarvoertuie

Loading player...
Besorgde inwoners van Hazyview het 'n petisie opgestel om die regering te vra om 'n sandput wat help om weghol-swaarvoertuie te stop, op die kruising van die R40- en R538 aan te bring.
Inwoners wil ook ‘n stopteken laat oprig vir swaarvoertuie naby die Umbabha Estates-pakhuis op die R40 en verlang ‘n spoedbeperking van 60 km/h op die stuk pad.
Ken Robertson van die VF+ verduidelik dat vragmotors se remme of ratte gereeld hier, weens die steilte van die pad, onklaar raak, wat ander padgebruikers se lewens bedreig.
20 May 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min