60-plussers nou sonder vooraf-registrasie by Robs geënt

Loading player...
Mpumalanga se gesondheidsdepartement het bevestig dat mense ouer as 60 die Covid-inenting kan ontvang sonder om vooraf te registreer of vir afsprake te wag.
Chris Nobela sê dit geld vir al ses openbare hospitale waar die entstof toegedien word. In Ehlanzeni is dit Rob Ferreira- en Shongwe-hospitale.
President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat 67 persent van gesondheidswerkers in die openbare sektor tot dusver ingeënt is.
Daar is tans 1-duisend ses-honderd sewe-en-veertig aktiewe gevalle in Mpumalanga.
31 May 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min