Mbombela keur begroting vir finansiële jaar goed

Loading player...
Mbombela-munisipaliteit se begroting vir die 2021/22 finansiële jaar wat op 1 Julie afskop, is gister tydens ‘n raadsvergadering goedgekeur.
DA-raadslid Sanley van der Merwe sê egter dat hulle steeds nie die verslag van die ouditeur-generaal of die geouditeerde finansiële verslag van 2019/20 gesien het nie.
Volgens haar word dokumentasie van die oposissie-partye in die raad weerhou.
Tog beoog Mbombela om die jaar hul insamelingskoers tot 95 persent te verbeter.
Kragtariewe verhoog ook op 1 Julie met 17-punt-8 persent.
1 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min