Nelspruit- en Witrivier-lisensiekantore tydelik toe weens sekuriteitsdienste

Loading player...
Mense kan sedert vanoggend nie by die Nelspruit- en Witrivier-lisensiekantore gehelp word nie, nadat Mbombela-munisipaliteit sekuriteitsdienste onttrek het.
Die departement van gemeenskapsveiligheid het die lisensiefunksies by die munisipaliteit oorgeneem, terwyl Mbombela steeds die sekuriteit verskaf het. Dié is egter vanoggend gestaak.
Departementele woordvoerder, Moeti Mmusi, sê hulle werk hard om die dienste so gou moontlik daar te stel sodat hulle more weer dienste aan die publiek kan lewer.
2 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min