Drie polisiebemaptes aangekla van korrupsie in Kabokweni

Loading player...
Drie beamptes wat verbind is aan die polisie se gesinsgeweld-eenheid het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn op klagte van korrupsie.
Volgens die Valke het sersant Bonisile Daphney Mjali, sersant Xolani Howard Nxumalo en konstabel Thulisile Patricia Mkhatshwa saamgewerk om omkoopgeld te eis by 'n verdagte in 'n verkragtingsaak.
Hulle wou aanvanklik vyf-en-twintig-duisend-Rand hê om die ondersoek te laat verdwyn. Hy het glo net vyf-duisend gehad en dit betaal.
Elkeen is borgtog van drie-duisend-Rand toegestaan.
Die saak gaan op 6 Julie in die hof vir kommersiële misdade in Mbombela voort.
8 Jun 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min