Jongste waardasierol open volgende week vir inspeksie

Loading player...
Eienaars van eiendom in Mbombela het van volgende maand af slegs vyf weke om die jongste waardasierol van eiendomme na te gaan en moontlik beswaar aan te teken.
Dié rol word jaarliks hersien en bepaal die bedrag waarop eiendomsbelasting bereken word.
Dit gaan in die komende finansiële jaar met ses persent op.
Mbombela-raadslid, Kleinste Janse van Rensburg, sê hulle verwag dat eiendomswaardes sal verlaag, weens die wankelrige ekonomie.
Sy het eienaars aangemoedig om die rol na te gaan.
23 Jun 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min