Opod ondersoek man se dood in Ermelo-hospitaal

Loading player...
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het vandag die nadoodse ondersoek bygewoon van 'n 29-jarige man wat in Ermelo-hospitaal dood is.
Hy is na bewering op 12 Junie deur polisielede aangerand by die Jeppe-polisiestasie in Gauteng.
Sy broer het video en foto’s geneem. Hy is aangekeer vir die besit van dwelms en verset teen arrestasie, maar is vrygelaat.
Sy vriendin het hom hospitaal toe geneem. Hy is later na Ermelo oorgeplaas.
Volgens Ndileka Cola, Opod-woordvoerder, is ‘n saak van aanranding nie oopgemaak nie.
24 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min