Charl du Plessis hou môre In jou huis konsert

Loading player...
Die vierde aflewering van die In jou huis-konsertreeks is hier. Die gelukkige gehoor sal môre deur pianis Charl du Plessis vermaak word.
Hy is veral bekend as die man wat al 21 jaar vir Nataniël begelei.
Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning is beperk, maar die vertoning word Saterdag regstreeks op Radio Laeveld uitgesaai.
Du Plessis sê hy sien baie uit, omdat hy lanklaas in die Laeveld opgetree het.
25 Jun 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min