Valke maak vordering met pogings om dwelmprobleem in Bethal op te los

Loading player...
Sewe vermeende dwelmhandelaars het gister in die Bethal-landdroshof verskyn op klagte van die handel en besit van dwelms.
Volgens Valke woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, spruit die arrestasies uit ‘n ondersoek wat ‘n jaar gelede begin is om die dwelmprobleem rondom Secunda en Bethal aan te spreek.
Kontant en dwelms is tydens die arrestasies vroeër die week gekonfiskeer.
Die saak is uitgestel tot 2 Julie.
30 Jun 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min